Menslike oorskot naby Brandberg dalk diu00e9 van vermiste mans
Menslike oorskot naby Brandberg dalk diu00e9 van vermiste mans

Menslike oorskot naby Brandberg dalk dié van vermiste mans

Ronelle Rademeyer
Die polisie het vanaand bekend gemaak gebeendere en klere is Dinsdag op die plaas De Rust (foto) sowat 60 km vanaf Uis agter die Brandberg gevind. Volgens 'n verklaring is dit laat Dinsdagmiddag in die veld op dié plaas ontdek.
Dit is sewe maande nadat drie mans van Gobabis as vermis aangemeld is toe hulle dié gebied besoek het en hul families nie weer van hulle gehoor het nie. Lede van die polisie se reserwemag op Walvisbaai het in die gebied na hulle gesoek en 'n polisiehelikopter is ingespan, terwyl die gemeenskap en boere in die omgewing ook aan die soektog deelgeneem het.
Volgens die polisie stem die klere wat gevind is, ooreen met die beskrywings wat deur die families van die drie mans gegee is.
Hulle is Seun Omiseb (28), Abraham Kheinamseb (36) en David Uniseb (46).

Kommentaar

Republikein 2025-06-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer