Menseregte seu00ebvier in hof
Menseregte seu00ebvier in hof

Menseregte seëvier in hof

Regte prosedures is nie gevolg in die aanhouding van die ­immigrante nie.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw



Die hof het op 15 Februarie beveel dat sogenaamde onwettige immigrante wat deur die polisie aangehou word, vrygelaat word.

Dít na die Ombudsman, mnr. John Walters, regstappe teen die immigrasieowerhede en die polisie ingestel het.

Regter Shafimane Ueitele het Woensdag beveel dat die 46 beweerde onwettige immigrante wat by ­polisiekantore rondom Windhoek aangehou word, onmiddellik vrygelaat word.

Walters het aangevoer die aanhouding van die 46 immigrante voldoen nie aan die bepalings van die Immigrasiebeheerwet nie.

Hy het die stasiebevelvoerders van die polisiekantore in Windhoek, Katutura, Wanaheda en Seeis, die minister van binnelandse sake en immigrasie, die hoof van immigrasie, die Immigrasietribunaal, die minister van veiligheid en sekuriteit, en die inspekteur-generaal van die Namibiese polisiediens gedagvaar.



Staat erken onregmatige prosedures

Me. Sylvia Kahengombé, van die staatsprokureur, het gister toegegee die prosedure wat deur die ­owerhede met die inhegtenisname van die ­immigrante gevolg is, is nie ­regmatig en wettig nie en dat die staat bereid is om die aangehoudenes vry te laat.

Adv. Yoleta Campbell wat in opdrag van mnr. Norman Tjombe, 'n prokureur, namens die Ombudsman opgetree het, het die hof versoek om 'n kostebevel in die Ombudsman se guns te maak in die lig van die toegewing oor die onwettigheid van die aanhouding.

Sy het verder gesê dat die Ombudsman, vanweë sy grondwetlike mandaat om klagte van beweerde en oënskynlike skendings van fundamentele regte en vryhede te ondersoek, 'n plig gehad het om die aansoek te bring.



Gevangenis gister vry

Me. Eileen Rakow, hoof van die Ombudsman se kantoor, het Republikein gister meegedeel die 46 immigrante sou gister teen 17:00 vrygelaat wees.

Voor die aangehoudenes vrygelaat sou word, moes kennisgewings op hulle beteken word dat hulle Namibië binne sewe dae moet verlaat.

Indien hulle dit nie doen nie, mag hulle weer in hegtenis geneem word.

Die beswaar teen hul aanvanklike inhegtenisname en aanhouding is dat die regte prosedures nie gevolg is nie en hul aanhouding dus onwettig was.

Die Ombudsman het verder onderneem om toe te sien dat reëlings getref word om na die welstand van die twee 17-jarige immigrante om te sien. Stappe sal in samewerking met die ambassades van die lande van dié twee se herkoms, en die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn geneem word om hulle in die sorg van 'n voog te plaas.

Rakow het verder gesê die Ombudsman het persoonlik onderneem om hierdie kwesbare jongmense nie aan hul eie genade oor te laat nie.

Mnr. Matti Asino van die kantoor van die staatsprokureur het gister bevestig dat die ministerie van binnelandse sake besig is om die vrylatingsproses te fasiliteer en elkeen van die aangehoudenes te woord sal staan.



Die immigrasiewet

Uit die eedsverklaring van die Ombudsman wat voor die hof gedien het, blyk dit dat die meeste van die beweerde onwettige immigrante uit Afrika-lande soos Angola, Zimbabwe, die Demokratiese Republiek van Kongo en Kenia afkomstig is.

In terme van die Immigrasiebeheerwet mag 'n immigrasiebeampte 'n verdagte onwettige immigrant in Namibië arresteer en in aanhouding plaas vir 14 dae terwyl die persoon se teenwoordigheid in die land ondersoek word.

Die wet bepaal ook dat aanhouding van 'n onwettige immigrant deur die minister van binnelandse sake vir nie meer as 14 dae op 'n slag verleng mag word nie.

Volgens Walters het sy ondersoekers gevind dat sommige van die beweerde onwettige immigrante aangehou word op grond van ongetekende lasbriewe vir aanhouding.

Geen lasbriewe vir die aanhouding van sommige aangehoudenes kon gevind word nie, terwyl ook gevind is dat die 14-dae aanhoudingsperiode in sommige gevalle reeds verstryk het en geen nuwe lasbriewe vir aanhouding uitgereik was nie.

Ueitele het Woensdag sy kommer uitgespreek oor die feit dat die Immigrasietribunaal 'n party in die geding is.

Volgens hom behoort die Immigrasietribunaal 'n neutrale ­instansie te wees.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%