Mensehandel: 25 gevalle in tien jaar
Die afgelope sewe jaar is 25 gevalle van mensehandel by die Namibiese polisie aangemeld.
Volgens Nampol se inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga is ses uit die 25 gevalle op die hofrol hangende ’n verhoor. Ndeitunga was aan die woord tydens ’n vyfdaagse multidissiplinêre werkwinkel wat op mensehandel fokus.
Die werkwinkel is bygewoon deur beamptes van Nampol, immigrasie, doeane en aksyns, die kantoor van die aanklaer-generaal, asook maatskaplike werkers.
"Tans is daar geen hangende saak wat wag vir ’n besluit van die aanklaer-generaal nie, terwyl 14 gevalle nog ondersoek word,” het Ndeitunga gesê.
Vervolging is in nog drie gevalle deur die aanklaer-generaal geweier, terwyl een persoon gevonnis en ’n ander vrygespreek is.
Volgens Ndeitunga is mensehandel in die meeste gevalle ’n georganiseerde misdaad.
“Opleiding is nodig om mensehandel doeltreffend en suksesvol te identifiseer, te ondersoek en oortreders te vervolg.”
Hy het voorts gesê die beskerming van slagoffers van mensehandel vereis ’n multidissiplinêre benadering omdat ’n slagoffer se persoonlike veiligheid, mediese toestand en emosionele welstand onmiddellik verseker moet word.
Ndeitunga het voorts gesê slagoffers, as belangrike getuies tot die misdaad, moet die versekering ontvang dat welke getuienis hulle ook al teen die mensehandelaars lewer, onder staatsbeskerming sal geskied.
Die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, het tydens dieselfde geleentheid ’n beroep gedoen op dié wat misdade ondersoek om die wet teen georganiseerde misdaad in hul ondersoeke te gebruik.
“Dié wat ’n plig het om slagoffers van mensehandel by te staan, moet die misdaad van mensehandel verstaan om die regte hulp te verskaf,” het Imalwa gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie