Menseberaad: Meer moet in mense belê word

Versoekskrif aan streeksregerings oorhandig

22 August 2018 | Politiek
Catherine Sasman



Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se Menseberaad, wat Vrydag in Windhoek geëindig het, het 'n beroep op staatshoofde en regerings gedoen om burgerlike politiek te demilitariseer en om groter demokratiese deelname van gewone burgers in die bestuur van hul lande te verseker.

Die Menseberaad het meer as 800 afgevaardigdes van maatskaplike bewegings op voetsoolvlak, gemeenskaps- en geloofsgebaseerde organisasies, vroue- en arbeidsorganisasies, kleinskaalse voedselprodusente, studente, die jeug en mense met gestremdhede verteenwoordig.

Die beraad, wat onder die titel Solidariteitnetwerk vir Suider-Afrikaanse Mense (SAPSN) byeengebring is, het 'n beroep op regerings gedoen om menseregteskendings deur ­transnasionale maatskappye te stuit, wat burgers van hul grond en natuurlike ­hulpbronne ontneem, terwyl slawe­lone betaal word en werkers aan die werks­omstandighede van slawe onderwerp word.

Dit het gebruiklike grondverspreidings­patrone gekritiseer wat vroue se toegang tot grond bepaal, asook die ongemagtigde plundering en die gebrek aan inagneming van sensitiewe ekostelsels.

Dit het ook ­patriargale ­grondeienaarskappatrone gekritiseer, wat die grootste konsentrasie van grondeienaarskap in die hande van buitelanders plaas.

Die Menseberaad meen ook SADC-leiers toon 'n gebrek aan toewyding om bronne in ­openbare sektore deeglik aan te wend, veral met betrekking tot onderwys, gesondheid, en maatskaplike beskerming, want die meeste SADC-lande het nie daarin geslaag om hul eie doelwitte in hierdie sektore te bereik nie.

Dit het voorts gesê SADC-lande se beleide oor die jeug en kinders is “onsensitief”.



INSTELLINGS

Die Menseberaad het in 'n versoekskrif 'n beroep op streeksregerings gedoen om onafhanklike instellings wat demokrasie steun, te versterk en om die SADC se Beleide en Riglyne oor Demokratiese Verkiesings by te werk tot 'n protokol wat op alle lidlande afgedwing kan word.

Dit het van die SADC vereis om 'n spertyd op Lesotho se hervormingsprogram te plaas sodat dringende maatskaplike hervormings gedoen kan word.

Indien dit nie gebeur nie, moet Lesotho se SADC-lidmaatskap beëindig word, is versoek.

In die versoekskrif word vereis dat die SADC en die Afrika-unie (AU) ondersoek instel na die geweld ná Zimbabwe se verkiesing aan die begin van Augustus, en gevra dié liggame moet ­aksieplanne ontwikkel en inisiatiewe implementeer om demokrasie voor, tydens en ná verkiesings te versterk.

Die SAPSN het die SADC gevra om die SADC-­tribunaal in sy oorspronk­like vorm en met sy oorspronk­like magte te laat herleef soos voor dit ontbind is.

In 2014 het die SADC nuwe protokol vir die ­tribunaal aanvaar waarvolgens die tribunaal die mag ontneem is om na individuele klagtes te luister.



JEUGWERKLOOSHEID

Die SAPSN meen om jeugwerkloosheid te pak, moet die aftreeouderdom oraloor die streek ten minste 55 jaar wees. Daar is ook voorgestel die ouderdomsperk vir presidensiële kandidate moet tot 30 jaar verlaag word.

Volgens dié netwerk moet regerings in die streek op volhoubare, ekonomiese jeugbemagtigingsplanne fokus en 'n gemiddelde salaris vir werkers vasstel.

In dieselfde asem versoek hulle alle SADC-regerings om 'n inligtingskommunikasietegnologiefonds op die been te bring en werksgeleent­hede vir die jeug en finansieringsgeleenthede in die herwinbare energiesektor te ondersoek.

EKONOMIESE ­REGVERDIGHEID

Die Menseberaad versoek strenger beheer van onwettige finansiële uitvloei deur middel van die implementering van die SADC se Hoëvlak Paneel oor Onwettige ­Finansiële Uitvloei-voorstelle van 2014.

Dit stel spesiale reis­dokumente vir ­informele oorgrens-handelaars voor, asook dat visumvereistes vir SADC-lidlande verwyder moet word.

Die SAPSN het ook die vergoeding van uitgebuite mynwerkers tydens die koloniale en apartheidseras versoek, asook die instelling van wetlike raamwerke waarvolgens werkers wat deur middel van agente in diens geneem is hul regte kan uitoefen.

Soortgelyk

 

Man vas oor lewende ietermagô

1 dag gelede | Misdaad

'n Man is Donderdag by 'n vulstasie op Okahandja glo met 'n lewende ietermagô in sy besit in hegtenis geneem. Volgens die woordvoerder van...

Polisieman skiet eks glo

1 dag gelede | Misdaad

'n Polisiebeampte sal Maandag in Walvisbaaise landdroshof op klagte van poging tot moord verskyn ná hy gister glo sy eksmeisie met sy dienspistool geskiet het....

Specialising in skin

2 dae gelede | Gesondheid

Dr Elisah Agaba is a consultant dermatologist at the Ongwediva Medipark university teaching hospital.He is also a senior adjunct lecturer of dermatology at the University...

Resessie slag Namibië

2 dae gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Net sowat N$25,5 miljard teen bestendige pryse het die afgelope kwartaal deur die Namibiese ekonomie gevloei – die minste in vyf jaar.Syfers...

Getuie sê Dippenaar het gejaag

2 dae gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die saak teen die moordbeskuldigde mnr. Jandré Dippenaar is tot volgende jaar uitgestel.Woensdag het die laaste staatsgetuie in die streekhof op Swakopmund...

Wateraanleg staan twee weke stil

2 dae gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek kon vir langer as twee weke geen drinkwater uit rioolwater herwin nie – hoofsaaklik omdat daar te veel chemikalieë, vette, olies...

Kalender 20 September

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Culture Invasion Festival skop vandag by die sportterrein op Rundu af. Tydens die twee dae lange fees sal verskillende kunstenaars...

Weer vir 20 September 2019

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die sentrale Noorde en Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm wees.KUS: Bewolk en koel tot...

Jol in Japan

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Japan is een van daai lande waaroor mense praat. Nie noodwendig die heeltyd nie. Maar in baie gesprekke, veral om die...