Mense uit 33 lande onder 157 rampslagoffers
Ronelle Rademeyer - Sover bekend was daar nie enige Namibiërs op rampvlug ET302 van Ethiopian Airlines nie.
Familielede wat passasiers van die Ethiopiese lugdiens se vlug ET302 by die Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe by Nairobi, Kenia, ingewag het, moes vroeër geskok en verdwaas hoor niemand het die vliegramp oorleef nie.
Die vliegtuig het ses minute ná opstyging sowat 60 km suidoos van Addis Ababa by Bishoftu neergestort. Dit was onderweg na Nairobi.
Al 157 mense aan boord die Boeing 737-8 Max, wat slegs enkele maande gelede in gebruik geneem is, het omgekom.
Die hoof uitvoerende beampte van Ethiopian Airlines, Tewolde Gebremariam, het tydens ‘n nuuskonferensie bevestig daar is geen oorlewendes nie. Hy het reeds kort ná die vliegramp om 08:44 plaasgevind het, by die toneel aangekom het.
Die staatsbeheerde Ethiopian Airlines word allerweë as die beste lugredery in Afrika beskou.
Dié redery vlieg ook na die Hosea Kutako Internasionale Lughwe by Windhoek.
Dit blyk daar was passasiers afkomstig uit sowat 33 lande op die vlug, het BBC pas berig. Volgens die lys in dié televisiediens se besit, word daar nie Namibiërs aangedui nie.
Foto: Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie