Mense registreer druk op laaste dag
Dit blyk baie mense het tot op die laaste dag gewag om vir die verkiesings 0- 25 November te registreer.
Jemima Beukes – Mense het gister en Maandag in veral stedelike gebiede in groot getalle by registrasiepunte opgedaag en ‘n gemiddeld van 600 mense per punt is gerapporteer.
Dit is gister deur me. Lina Ndengu, kommunikasiebestuurder van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), bevestig. Sy sê registrasiepunte was Maandagaand en gisteraand tot middernag oop om laatslapers die geleentheid te gee om vir die naderende streeks- en plaaslike owerheidsverkiesing te registreer.
Die aanvullende registrasie van kiesers het op 7 September afgeskop en gisternag ten einde geloop.
Teen 12 September het 96 247 mense geregistreer, van wie 34 270 mense is wat vir die eerste keer as kiesers geregistreer het.
Opposisiepartye het die trae registrasiepas vroeër die week gekritiseer en gesê dit “geskied te stadig”.
Ndengu sê die ECN se sektretariaat het Maandag vergader om te besluit of ingryping nodig is. Sy het bygevoeg die getal mobiele spanne is uitgebrei om die proses te versnel.
“Ons is deurentyd in gesprek met die koördineerders in die onderskeie streke om te probeer vasstel waar ons kan help om die registrasieproses te vergemaklik.
“Ons het gister (Maandag) gesien meer mense het by registrasiepunte aangemeld omdat dit die voorlaaste dag was. Die getalle was aanvanklik relatief laag, maar dit het vinnig vermeerder. Teen gister het dit veral skerp toegeneem,” het sy gesê.
Volgens Ndengu het omtrent 100 mense per dag aan die begin van die herregistrasieproses aangemeld, en teen Maandag het dit op sommige plekke tot 700 mense gestyg.
Sy sê dit is veral in die Khomas-, Kunene- en Erongostreek waargeneem.
Die hoofverkiesingsbeampte, mnr. Theo Mujoro, sê die ECN sal later die week aangekondig hoeveel mense van die geleentheid gebruik gemaak het om huller te registreer.
Die volgende aanvullende registrasieproses vind eers weer in 2024 plaas. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie