Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings
Dringende noodmaatreëls is ingestel nadat miltsiekte op twee plekke in die Noorde uitgebreek het.
Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié gebiede aangemeld is.
Dit blyk 13 mense van die Sesfontein-omgewing het vermoedelik reeds miltsiekte opgedoen nadat 35 mense in die gebied die vleis van diere geëet het wat weens dié gevreesde siekte gevrek het.
Mense in die gebiede is gevolglik gewaarsku om nie die vleis te eet van diere wat gevrek het nie en om kontak met die karkasse van sulke diere te vermy.
Dié inligting is laat Woensdag deur die ministeries van landbou, water en bosbou en gesondheid en maatskaplike dienste bekend gemaak.
Volgens die ministeries is 92 skape en bokke, drie beeste en drie donkies by Sesfontein in die noordweste van die land aan miltsiekte dood. Terselfdertyd is ’n uitbreking van miltsiekte ook in die Bwabwata Nasionale Park aangemeld nadat 23 buffels gevrek het. Geen vrektes onder vee is in dié noordoostelike gebied aangemeld nie en geen mense is ook vir simptome van die siekte behandel nie.
’n Bewegingsverbod is dadelik deur die direktoraat veeartsenydienste ingestel en geen diere mag hierdie gebiede verlaat of daarheen vervoer word nie. Verder is ’n tegniese ondersteuningspan bestaande uit epidemioloë deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in die gebiede ontplooi.
Veeartsenybeamptes is ook na die geraakte gebiede gestuur om monsters by diere met simptome te neem en dit te laat toets.
Verder is 44 mense in die Kunenestreek wat moontlik aan die siekte blootgestel is, voorkomend behandel.
Medici by die gesondheidsentrum op Sesfontein en die hospitaal op Opuwo monitor ook mense wat daar opgeneem word vir simptome wat op miltsiekte dui, lui die verklaring.
Miltsiekte, of antraks, is ’n ernstige bakteriële siekte wat diere sowel as mense siek maak. Die Bacillus anthracis-bakterie kan vir jare in die grond oorleef. Dit word deur spore versprei.
Dié twee ministeries, in samewerking met die polisie, plaaslike, streeks- en tradisionele owerhede, asook boere in die gebiede is tans besig om die karkasse van diere, die plekke waar die diere gevrek het, asook dié diere se vleis op te spoor en die nodige voorsorgmaatreëls teen die verdere verspreiding van die siekte te tref.
Boere elders in die land is versoek om hul diere voorkomend teen miltsiekte in te ent.
KASSIE
Simptome by diere
· Algemene swakheid
· Asemnood
· Bewing, lompheid, strompeling
· Geen eetlus, melk droog op
· Swanger diere aborteer
· Skielike vrektes sonder tekens van siekte
· Donkerkleurige bloed uit die neus, mond en anus
· Diere wat gevrek het, blaas op en ontbind vinnig
Simptome by mense
Die bakterie kan die liggaam deur oop velwonde, inaseming en deur die eet van besmette vleis binnedring.
· Knoppe soos insekbyte op die vel, swart in die middel
· Swelling van kliere naby dié seerplekke
· Naarheid en braking
· Abdominale pyn
· Hoofpyn
· Geen eetlus
· Koors
· Keelseer
· Geswelde nek
· Bloederige diarree
· Griepsimptome soos keelseer, lyfseer, matige koors en moegheid
· Benoudheid
· Moeite om te sluk
· Kan bloed hoes
· In gevorderde stadium kan dit meningitis veroorsaak

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie