Mense, honde en kraaie dood van besmette kos
Elf mense, onder wie twee kinders, is dood en meer as 90 is in die hospitaal opgeneem nadat hulle besmette kos by ’n godsdienstige geleentheid in ’n tempel in die suidelike staat Karnatara in Indië geëet het.
Die polisie vermoed die kos is doelbewus vergiftig.
Twee mense is in verband met Vrydag se voorval ondervra.
Verskeie aanbidders het siek geword nadat hulle ’n bredie van tamatie en rys by ’n Hindoe-tempel geëet het.
Tientalle mense word steeds vir braking, diarree en respiratoriese siektes in die hospitaal behandel.
Aanvanklik is bespiegel die kos is deur plaagdoders besmet, maar die polisie sê dis te vroeg om tot dié gevolgtrekking te kom.
“Ons het die organe van die oorledenes en monsters van die besmette kos na ’n forensiese laboratorium gestuur,” het Geetha MS, ’n senior polisiebeampte in die distrik waar die tempel geleë is, aan Reuters gesê.
“Eers as ons die laboratorium se verslag ontvang het, sal ons kan sê wat verkeerd gegaan het.”
Verskeie kraaie en honde is ook dood nadat hulle van die kos geëet het, sê Geetha.
23 skoolkinders is in 2013 in die oostelike staat Bihar dood in een van die ergste voorvalle van voedselvergiftiging in Indië.
Die polisie het toe vermoed die kos is besmet deur ’n kok wat olie in ’n houer gestoor het wat voorheen plaagdoder bevat het.
Die regering het na wat berig word finansiële hulp aan die families van die oorledenes van Vrydag se tragedie beloof. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie