Mens u2013 die wreedste wese op aarde
Mens u2013 die wreedste wese op aarde

Mens – die wreedste wese op aarde

Tanja Bause
Namibiërs is in die wêreld bekend as vriendelike mense wat uit hul pad gaan om besoekers in ons mooi land te verwelkom en tuis te laat voel.

Keer op keer hoor jy hoe mense wat ons land besoek, wens die mense in hul eie lande was soos Namibiërs. Dit het my altyd baie trots laat voel as mense sulke mooi goed van my landsgenote sê. Laas week is die gevoel van trots wat ek gehad het as Namibiër deur 'n video van 30 sekondes verpletter.

Verlede week het 'n walvis by Onafhankliheidstrand op Walvisbaai uitgespoel. Die dier was beseer en talle pogings om hom in die diep water terug te kry, was vergeefs. Hy het weens sy beserings bloot omgedraai en weer op die strand beland.

Die dier was duidelik nie net in pyn nie, maar ook baie gespanne. Sit jouself vir een oomblik in sy skoene. Jy het pyn en lê op die sand. Jy kan nie swem nie en jy weet jy is besig om dood te gaan.

Talle mense en organisasies het probeer om hom so rustig as moontlik te hou tot hulle met 'n plan vorendag kon kom om hom te help.

Intussen het 'n skare nuuskieriges om die reusedier begin saamdrom.

Hulle het aan hom gevat en hom geteister, maar dit was steeds nie genoeg nie. Baie het besluit om op hom te klim; op sy rug rond te hardloop, af te gly en weer op te klim. Bo-op die rug is gestaan en geposeer soos wafferse grootwildjagters met die een groot verskil dat die gejagte dier gewoonlik geskiet en dus dood is.

Die walvis het 'n klimraam geword. Selfies is geneem – om wat mee te maak? Sodat jy later by jou maats kan spog dat jy op 'n lewende wese geklim het wat ly?

Ek het met skok die video oor die skare gekyk wat absoluut geen re­spek vir of empatie met 'n lewende dier het nie. Ek kon my oë nie glo dat dit dieselfde Namibiërs is wat as vriendelike, aangename mense geloof word nie.

Alles begin by opvoeding: My ma sou my 'n oorveeg gee as ons diere nie met respek behandel nie – enige dier: van ons huisdiere, die beeste op my oupa se plaas tot die koringkriek op die grasperk. Ons is respek vir alle aardse lewens geleer.

Met skok het ek gesien hoe 'n horde kinders om die walvis saamdrom, en gehoor van die klomp skoolkinders wat in die oggend al op die dier probeer klim het.

Ons, die mensdom, word as die intelligentste wese op aarde beskou. Ons is na die ewebeeld van die Here geskape. Ek is seker hy sit met sy hande in die hare en huil in ongeloof oor dít wat hy op aarde gesit het om na sy skepping om te sien.

Dan sê ons altyd “hulle gedra hulself soos diere”. Dit is seker die verkeerdste stelling ooit. Ek het in my hele lewe nog nie gesien dat diere op 'n ander dier wat in pyn en gespanne is en besig is om dood te gaan, spring nie; dat diere dink dis baie snaaks en só aangaan nie.

Nee wat, daar is nie 'n wreder, meer gevoellose, selfsugtige wese op aarde as 'n mens nie.

Ek dink tog dit het tyd geword om die mensdom uit te roei en Moeder Aarde en diere uit te los.

Diere maak dood wanneer hulle honger is en hulle maak net genoeg dood om te vreet.

Hulle maai nie 'n hele trop ander diere af omdat hulle kan nie.

Hulle martel nie mekaar of ander diere en wesens nie – veral nie vir die pret nie.

Hulle bind nie ander vas en laat hulle van honger en dors vrek nie.

Nee wat, dit het hoog tyd geword dat die mensdom op sy plek gesit word.

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 388.44/OZ UP +0.44% | Copper US$ 4.94/lb UP +1.93% | Zinc US$ 2 979.50/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 1 059.61/OZ DOWN -0.0019 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 388.44/OZ UP +0.44% | Copper US$ 4.94/lb UP +1.93% | Zinc US$ 2 979.50/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 1 059.61/OZ DOWN -0.0019