Mennonitiese pastoor vas
Catherine Sasman
Die Mennonitiese pastoor, Pedro Marcelino Moussongela, het verlede Vrydag in die landdroshof op Ongwediwa verskyn op nuwe klagte van mensehandel, statutêre verkragting, verkragting, gedwonge aborsie of sameswering om aborsie te pleeg.
Hy is tans in polisieaanhouding tot 31 Augustus wanneer hy weer op dié klagte in die hof gaan verskyn.
Moussongela is omstreeks 11:30 verlede Donderdag in hegtenis geneem ná ’n hernude hoë-profiel polisieondersoek na aanleiding van klagte van ’n jong vrouestudent dat hy haar onder valse voorwendsels na Turkye gesmokkel het en haar in gedwonge prostitusie gedompel het.
Sy kla hom ook van verkragting aan.
Die selfverklaarde pastoor het op 31 Mei in die landdroshowe van Windhoek en Katutura onderskeidelik verskyn op klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, sowel as mensehandel van vyf van sy eie kinders na Engeland, verkragting, bedreigde aanranding en bloedskande.
Hy moet weer op 28 November in hierdie landdroshowe op dié klagte verskyn.
Die menseregte organisasie NamRights het vroeër aangevoer dat Moussongela verskeie kere reeds deur die polisie en immigrasiebeamptes van die ministerie van binnelandse sake en immigrasie vir beweerde misdade in hegtenis geneem is.
Hy is in ten minste twee onlangse sake gevang vir aanranding, ontvoering en verkragting, maar was toe op borgtog van tussen N$5 000 en N$30 000 vrygelaat.
NamRights het verlede week ná sy inhegtenisneming die Namibiese polisiehoof, inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga, en die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, geprys en gevra dat Moussongela ’n billike en spoedige verhoor moet kry.
Die uitvoerende hoof van NamRights, mnr. Phil ya Nangoloh, het gesê hoewel Moussongela onskuldig is totdat hy skuldig bevind word, is daar skynbaar genoeg bewyse van sy kriminele oortredings.
“Sy inhegtenisneming bring verligting vir slagoffers van sy beweerde misdade en gee hoop aan die kinders wat hy na bewering na Engeland gesmokkel het, maar wat binnekort met hul familie herenig sal word,” het Ya Nangoloh gesê.
Ya Nangoloh het bygesê dat Moussongela se inhegtenisneming ook ’n waarskuwing is dat Namibië nie ’n veilige hawe vir mensehandelaars en misdadigers is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie