'Meme wOmabean Bag' is eiesoortig

Petrina Ashipala (24) is van kindsbeen af gek daaroor om elektriese toestelle te herstel en is deesdae 'n kranige elektrisiën en entrepreneur.
Tanja Bause
Tanja Bause – “Van agt tot vyf is ek 'n gekwalifiseerde elek­trisiën; daarna en oor naweke is ek die eienaar van Meme wOmabean Bag.

“Dan maak ek in ons motorhuis poefs (sitkussings) wat nou in Nictus-meubelwinkels te koop is,” sê Petrina Ashipala (24).

Petrina is op Oshikuku naby Osha­kati in die noorde van die land gebore.

“Ek was van kleins af gek daaroor om items reg te maak, veral elektriese toestelle soos stowe en ketels. Ek wou 'n elektriese ingenieur word, maar ek kon nie 'n studiebeurs kry nie. Ek het wel 'n beurs van NamPower gekry en ek het ná matriek in 2015 Windhoek toe getrek om 'n elektrisiën te word.”

Terwyl sy by NamPower gewerk het, het sy die geleentheid gehad om in 2018 na Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate en in 2019 na Rusland vir WorldSkills-konferensies te reis.

“Ek was vreesbevange. Ek was net 19 jaar oud en dit was die eerste keer dat ek op 'n lughawe en in 'n vliegtuig was. Die eerste keer dat ek uit die land gereis het en dit op my eie. Ek het egter die mense en die lande baie geniet en tonne geleer.

“Toe ons Rusland toe gegaan het, was dit bietjie beter want ek het geweet wat om te verwag.

“Wat egter snaaks was, was toe 'n sekuriteitswag vir my gevra het of hy 'n foto saam met my kan neem. Ek het nie geweet wat aangaan nie en het soos 'n beroemde persoon gevoel, veral toe al sy kollegas ook in die foto wou wees. Hy het aan my arm gevat en my vel gevryf. Ek het later agtergekom dit is omdat hy nog nooit 'n swart persoon in lewende lywe gesien het nie.”

By die byeenkoms in Rusland het Petrina vir die eerste keer 'n poef gesien en met haar terugkoms in Namibië besluit dit is iets wat sy wil hê.

“Ek het gedink dit kan nie so moeilik wees nie en het besluit ek gaan een maak.”

Sy het die materiaal gekoop en haar tannie Linda Nandjala om hulp gevra.

“My tannie maak klere en weet alles van naaldwerk af. Sy het my gehelp en geleer.”

'n Vriendin het die poef gesien en wou een koop en Petrina het nog een gemaak.

“Die eerste poef was ver van perfek, maar ek het hom nog steeds in my kamer. Ek het vir hom gekyk en gedink wat gaan ek met die vulsel maak wanneer ek hom gaan was? Ek kan dit nie in die bad gooi nie, want dit gaan orals heen waai. So ek het 'n tweede sak gemaak waarin die vulsel gegooi word. Nou kan mense die buitenste sak afhaal en was en die vulsel is veilig in die tweede sak. Dit is hoe ek die poefs aangepas en verbeter het tot die produk wat vandag op die rakke is. Ek het gedink ek maak 'n paar poefs vir vriende en familie en het nooit gedink dit sal so 'n groot besigheid word nie.”

Petrina is aktief op Twitter en dit is ook hier waar sy haar eerste poefs onder die naam Meme wOmabean Bag (die vrou wat poefs maak) bekend gestel het.

“Ek het besluit om die naam te hou toe my poefs begin verkoop, omdat dit beskryf wat ek doen en die naam reeds onder mense bekend was.”

Dit is ook op Twitter waar sy gesien het hoe mense hulle “Shoot my shot” doen en vennootskappe met gevestigde besighede daardeur begin.

“Ek het gedink, verbeel jou jou poefs word in Nictus verkoop. Dus het ek eendag besluit om hulle op een van my plasings te noem en gesê Nictus julle moet my tuisgemaakte poefs sien.”

Petrina het nie regtig 'n antwoord terug verwag nie, maar Nictus het haar gekontak en haar gevra om meer inligting oor haar produk te stuur.

“Ek en Gabriel Hapulile, my besigheidsvennoot, het 'n e-pos gestuur met foto's en al en niks vir seker 'n maand lank van hulle gehoor nie. Ek was bietjie teleurgesteld, maar op die ou einde het ek probeer en ek het niks gehad om te verloor nie, maar so baie om te wen.

“Ek het al van die hele besigheid vergeet, toe die uitvoerende hoof van Nictus my gekontak het om 'n afspraak te maak. Ons het ontmoet en hy het die grootste bestelling nóg geplaas.”

Die Meme wOmabean Bag word in 'n motorhuis van Petrina se familie gemaak. Haar tannie, neefs en niggies sit almal hand by om dit te maak, natuurlik teen vergoeding. Die poefs word oor naweke en in die aande gemaak wanneer Petrina tyd het, omdat sy steeds voltyds werk.



NICTUS

Petrina is die eerste plaaslike vervaardiger wat deur Nictus se inisiatief baat.

Volgens Nictus se uitvoerende hoof, Francois Wahl, het hulle met die program begin om plaaslike entrepreneurs te help.

“Die program ondersteun klein plaas­like entrepreneurs met kapitaal om hulle vervaardigingsbedrywighede te ­finansier en hul produkte word by Nictus Furnishers in Windhoek verkoop.”



RAAD

Petrina sê: “Jou enigste beperking is jyself. Wat jy ook al wil doen – as jy jou hart en jou verstand daarop sit – kan jy dit doen. Met die regte ondersteuningsnetwerk en regte mense om jou, kan jy enigiets vermag en is die hemel die toppunt.”
[email protected]

FOTO’s
Petrina Ashipala en haar vennoot Gabriel Hapulile op een van hulle poefs. Foto HaiMetuPhotos
Petrina Ashipala, eienaar van Meme wOmabean Bag en voltydse gekwalifiseerde elektrisiën. Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...