Melk vir die kinders
Melk vir die kinders

Melk vir die kinders

Ronelle Rademeyer
Lede van die Suiwelprodusentevereniging (SPV) van Namibië, bestaande uit 15 melkprodusente, het onlangs ‘n welwillendheidsprojek begin om behoeftiges in die land van melk te voorsien.

Die produsente, waarvan die Superfarm by Mariental ook deel is, dra elk ‘n sekere hoeveelheid melk tot die projek by en sal dit vir die volgende 12 maande doen. Dié melk word dan aan behoeftige, asook gestremde kinders beskikbaar gestel.

Aangesien die projek nog in sy kinderskoene staan, sal die doeltreffendheid noukeurig gemonitor word en ‘n volledige verslag sal in 2018 uitgereik word.

Die projek word in noue samewerking met Namibia Dairies gedoen.

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer