Melania teen skei van immigrant-gesinne
Melania teen skei van immigrant-gesinne

Melania teen skei van immigrant-gesinne

Vyf onwettige immigrante is Sondag dood toe hul voertuig omgeslaan het.
Melania Trump, Amerikaanse presidentsvrou, het gesê die beleid wat tot gevolg het dat kinders van onwettige immigrante van hul ouers geskei word wanneer hulle die grens oorsteek, is vir haar onaanvaarbaar.

“Mev. Trump haat dit om te sien dat kinders van hul gesinne geskei word en hoop dat alle partye kan byeenkom om die immigrasiebeleid suksesvol te hervorm,” het Stephanie Grisham, Trump se kommunikasiedirekteur, Sondag aan CNN gesê.

“Sy meen ons moet 'n land wees wat alle wette nakom, maar ook 'n land wat met empatie regeer.”

Laura Bush, vrou van voormalige pres. George W. Bush, het verder gegaan en dié beleid aangeval.

“Die beleid van geen verdraagsaamheid is wreed. Dis immoreel. En dit breek my hart,” het sy volgens die BBC geskryf.

“Ons regering behoort nie kinders te plaas in omskepte pakhuise of planne maak om hulle in tentstede in die woestyn te plaas nie. Die foto's herinner aan die kampe vir Japannese Amerikaners tydens die Tweede Wêreld­oorlog, wat nou as een van die skandelikste tye in ons geskiedenis beskou word.”

Byna 2 000 kinders is tussen 19 April en 31 Mei al van hul ouers en voogde geskei en in aanhouding geplaas, het die Amerikaanse regering verlede Vrydag bevestig.

'n Beleid van die Trump-administrasie lei nou daartoe dat ­federale klagte ingedien word teen elke volwassene wat gevang word wat die grens onwettig oorsteek. Vorige regerings het diegene met kinders na immigrasie­howe verwys.

Omdat die ouers strafregtelik aangekla word, word kinders van hulle weggeneem sonder dat 'n prosedure om met hulle herenig te word, duidelik uiteengesit is.



SAKE OPVOLG

Dié beleid is op 7 Mei ­aangekondig, maar die departement van ­justisie het aangedui dat hy al die sake wat sedert begin April na hom verwys is, sal opvolg.

Pres. Donald Trump het herhaaldelik die ­Demokrate vir dié situasie blameer, hoewel sy administrasie die beleid verander het.

Hy het Saterdag getwiet dat Demokrate die “opbreek van families” kan regstel deur saam met die Republikeine aan nuwe wetgewing te werk.

Volgens Trump is die skeidings die nagevolg van 'n wet “wat die Demokrate gemaak het”, maar dit is onduidelik waarna hy verwys.

Die huisvesting van kinders het nou glo ook tot gevolg dat skuilings en pleeghuise nie meer plek het nie.

Intussen het ­amptenare planne bekend gemaak om tentdorpe op te rig wat honderde meer kinders in die woestyn in Texas kan huisves, waar temperature dikwels tot 40 °C styg.

In die eerste twee weke van die nuwe beleid is 658 kinders, insluitend babas en kleuters, geskei van die volwassenes saam met wie hulle gereis het.

In baie gevalle is hulle herenig nadat die ouer vrygelaat is, maar soms word mense weke en selfs maande lank geskei.



ONWETTIG

Vyf onwettige ­immigrante is Sondag dood en talle ander beseer toe die voertuig omgeslaan het wat lede van die Amerikaanse grenspolisie in Texas, sowat 145 km noord van die Mexikaanse grens, ­agternagesit het.

Die viertrekvoertuig was gepak met 14 mense en het teen 160 km/h gery, sê Marion Boyd, die sheriff in die Dimmit-distrik. Die Chevy Suburban het van die pad afgery en omgeslaan. Verskeie van die insittendes het uitgeval.

Die jaagtog het begin toe 'n lid van die grenspolisie drie voertuie opgemerk het wat in 'n konvooi ry en hy smokkelary vermoed het, luidens 'n verklaring.

Twee van die ­voertuie is afgetrek en die ­insittendes is in hegtenis geneem, maar die derde voertuig het weggejaag.

Die voertuig het kort daarna omgeslaan op die hoofweg naby Big Wells.

Vier mense is op die toneel dood en 'n vyfde is dood in die hospitaal nadat 'n helikopter ontbied is. Nog 'n insittende is in 'n kritieke toestand. Die bestuurder is in hegtenis geneem en is ongedeerd, sê Boyd. Dit was nie onmiddellik bekend waarvan hy aangekla sal word nie.

 - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%