Mej. Tiener Namibië op pad na Indië
            
                                                            Die 19-jarige Schwane Blignaut, wat vir die 2019-'20-termyn as Mej. Tiener Namibië gekroon is, sal Namibië vir die eerste keer ooit by die Mej. Tiener Internasionaal-skoonheidskompetisie verteenwoordig. Dié kompetisie vind in Februarie volgende jaar in Indië plaas. Schwane was al aktief betrokke by die Namibiese skool vir dowes, het reeds verskeie skole in die hoofstad besoek om te gesels oor “die verhaal agter skoonheid”, het haar eie klerereeks genaamd “Beauty has a story Factory” bekend gestel en was betrokke by 'n projek waar siggestremde meisies swartborde geverf het. Foto Verskaf
                                    
            
        

                
                        
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie