Mej. Namibië 2017 - skryf nou in
Namibiese meisies moet opskud om vir Mej. Namibië 2017 in te skryf. Die sluitingsdatum is Vrydag 12 Mei en inskrywingsvorms is in Kollig beskikbaar. Op die foto is me. Connie Maritz (links), organiseerder van Mej. Namibië, saam met Mej. Namibië 2016, Lizelle Esterhuizen, tydens die bekendstelling van die 2017 Mej. Namibië-skoonheidskompetisie. Gedurende die geleentheid verlede week het die hoofborge, Standard Bank, Pupkewitz Toyota en die Windhoek Buiteklub, opnuut hul betrokkendheid by die geleentheid bevestig. Die kroning vind tydens 'n gala-geleentheid op 1 Julie plaas en kaartjies sal vanaf 12 Junie teen N$400 beskikbaar wees. Foto Yolanda Nel
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie