Meisies vereer vir goeie spel
Sokker
Die Namibiese Sokkervereniging (NSV) het Sondag sy voorste spelers en beamptes van die 2017 Women’s Super-beker vir hul toewyding beloon.
Die eerste Women’s Super-bekerkompetisie het op Saterdag 25 November afgeskop en die finaal is Saterdag tussen Khomas Nampol en Tura Magic op Gobabis afgehandel. Tura Magic, wat die volslae gunsteling was om die eindstryd te wen, moes tevrede wees om met 2-1 die knie te buig.
Die funksie is by Sokkerhuis, hookantoor van die NSV, in Katutura gehou waar verskeie vroue en spanne vir hul aandeel pryse ontvang het.
Me. Jacqiu Shipanga, voorsitter van die reëlingskomitee van die Super-beker, het die borge asook die NSV bedank.
“Hierdie was die eerste toernooi waaraan agt spanne deelgeneem het en slegs drie was van buite Windhoek. Hopelik kan ons in die toekoms spanne van al 14 streke in aksie sien. My opregte dank aan Debmarine wat ons toegelaat het om die finaal as ‘n voorwedstryd by die Debmarine-beker eindstryd te speel. Hul borgskap van N$20 000 het die prysgeld verdubbel en vele vroue se harte verbly. Die bokser Julius Indongo, ons gewese wêreldkampioen, het nie net N$2 000 tot die prysgeld bygedra nie, maar ‘n ekstra N$500 per speler aan Khomas Nampol gegee. Baie dankie, dis wonderlik en onselfsugtig van hom,” het Shipanga gesê.
Die wenners
Voorsitterstoekening: Julien Garises. Beste spanbestuurder: Antoinette Tsuses (Erongo). Beste afrigter: Novatha Paulus (Nampol). Beste mediahuis: Namibia Broadcasting Corporation. Beste sportverslaggewer: Sheefeni Nikodemus (Namibian). Voorste doelskieter: Beverley Uueziua (Gals & Goals) en Vistoria Shangula (Tura Magic). Beste doelwagter: Lydia Eixas (Gals & Goals). Beste verdediger: Ndapewa Katuta (Nampol). Beste middelveldspeler: Memory Ngonda (Tura Magic). Beste jong speler: Lydiana !Nanamus (Gals & Goals). Speler van die toernooi: Zenatha Coleman (Tura Magic). Verloorders van die plaatafdeling: Right Way. Vierde plek: V-Power Girls (N$4 000). Derde plek: Galz & Goals (N$6 000). Tweede plek: Tura Magic (N$10 000). Kampioene: Nampol (N$20 000). - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie