Meisies sonder heenkome ná brand

Tanja Bause
Tanja Bause



“Daar was die laaste vier maande van die skooljaar sowat 40 leerlinge wat nie in die koshuis gehuisves kon word nie nadat 15 kamers in Julie deur 'n brand beskadig is,” sê mnr. Othniel Kamuhanga, ­koshuisvader van die Laerskool Sonop op Mariental.

“Die 23ste Julie was 'n Sondag en gelukkig was al die meisies buite toe ons die rook gewaar. Ons het gehardloop en wou die brand blus, maar die rook was te erg en die vuur was reeds in die dak. Dit het vinnig deur die kamers op die boonste verdieping versprei. Baie van die meisie het alles verloor,” vertel hy.

Die koshuis huisves die kinders van die laerskole Sonop, Danie Joubert, D.D Guibeb en die Primêre Skool ­Mariental.

Dit is die enigste koshuis vir laer­skoolkinders op Mariental en 87 meisies gaan daar tuis.

Sewe kamers is verwoes en 15 kan weens rook- en ander skade nie gebruik word nie. Twee kamers op die onderste vloer het in 2016 afgebrand. Dit is ook nog nie herstel nie.

“Ons het gewoonlik drie meisies in 'n kamer, maar nou het ons vier in 'n kamer. Dit is 'n groot probleem omdat daar net drie kaste in elke kamer is en die meisies nie hulle goed kan toesluit nie,” sê Kamuhanga.

Omdat die dak beskadig is en op plekke verwyder is, is daar vrese dat die onderste vloer gaan oorstroom met die reën wat op pad is.

“Dan sal die kinders op die onderste vloer ook skade ly.”

Volgens Kamuhanga het hulle al baie skenkings van klere en komberse van lede van die gemeenskap ontvang. Die Primêre Skool Ruimte van Rehoboth het ook klere en komberse vir die meisies op Mariental ingesamel.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Hy kon nog nie vasstel wanneer die koshuis en die twee ander kamers wat beskadig is, herstel sal word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A