Meisies agtste by Olimpiese Jeugspele
Hokkie
Die Namibiese onder 18 meisieshokkiespan het hul deelname aan die Olimpiese Jeugspele in Buenos Aires gister afgesluit deur in die agtste posisie klaar te maak. Die kompetisie in die vyf-aan-’n-kant formaat is tussen spanne van twaalf lande beslis.
Pole het gister die uitspeelwedstryd vir die sewende plek met 3-1 beklink, met Namibië se enigste doel wat deur Kiana Cormack behaal is.
Die onbetwiste hoogtepunt van die Namibiese deelname was gewis op die tweede van die agt speeldae, toe hulle Australië laas Maandag met 4-3 verras het. Dit was danksy doele deur Cormack (2), Tara Myburgh en Joané van Rooyen.
Afrigter Shayne Cormack se meisies kon egter nie weer aan die wenkant eindig nie, met gelykopwedstryde teen Mexiko (2-2) en Zimbabwe (3-3) wat nietemin spannend verloop het.
Die res van die span se uitslae was nederlae teen China (0-8), Pole (0-1), Argentinië (0-3), die herontmoeting met Australië 1-5) en gister weer teen Pole (1-3).
Kiana Cormack (vyf doele) en Tara Myburgh (vier doele) was die twee staatmakers op die aanval gedurende die toernooi.
In die meisieseindstryd gisteraand sou Indië en die gasheerland Argentinië mekaar die stryd aangesê het. Suid-Afrika en China sou in die bronsfinaal ontmoet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie