Meisie (11) se lyk gevind
'n Meisie van Windhoek wat na bewering uit die kloue van 'n beweerde verkragter wou ontsnap, se lyk is gister gevind nadat sy sedert Sondag vermis was. Die 11-jarige Cathleen Afrikaner van Windhoek is Sondag saam met 'n vriendin in die geselskap van 'n onbekende man naby die Gammams waterwerke by die Goreangabdam in Katutura gesien. Volgens die vriendin het die man na bewering die twee meisies probeer verkrag, maar kon sy egter daarin slaag om weg te kom. Volgens onbevestigde inligting het Cathleen dalk in die water geval toe sy probeer vlug het. Duikers van die polisie se ondersoek het sedert Sondag egter nog niks opgelewer nie en sy is aanvanklik as vermis aangemeld voordat die polisie laat gistermiddag bekend gemaak het dat haar liggaam gevind is. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie