MEFT: Situasie met seekoeie nie so kritiek

07 September 2020 | Omgewing
Volgens die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme is die situasie met die seekoeie in ‘n modderpoel in die Linyanti-gebied in die Noordooste nie so kritiek nie.

Dit volg na beamptes van die ministerie die modderpoel in die Wuparo-bewaringsgebied in die Zambezistreek besoek het om die kondisie van die seekoeie vas te stel.

“Die situasie met die seekoeie is nie so kritiek nie, maar het wel aandag nodig,” het die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, vandag gesê.

“Volgens ons beamptes is daar 32 seekoeie in die modderpoel en geen sterfgevalle het plaasgevind nie,” het hy gesê.

Dit volg ná berigte van Livingstone’s Camp dat 44 seekoeie in die modderpoel vassit en ‘n seekoeikalf gevrek het.

“Die ministerie het aanvanklik sonpanele aan die bewaringsgebied geskenk om water in die poel te pomp. Ons het vasgestel dat ‘n nuwe boorgat onlangs deur die bewaringsgebied geboor is wat tans water in die poel pomp om die watervlak aansienlik te verhoog.”

Muyunda sê die ministerie sal ‘n groter waterpomp installeer en brandstof verskaf om die watertoevoer na die pomp te verhoog.

“Neem kennis dat die ministerie verbind bly aan die oorlewing van die seekoeie. Ons sal voortgaan om die situasie te monitor totdat dit weer normaal is.”

Die woordvoerder doen ‘n beroep op private rolspelers om saam met die ministerie te werk “en nie pleidooie vir finansiële steun te vra voor met die relevante owerhede gekommunikeer is nie”.

-[email protected]

Foto Facebook/Livingstone's Camp

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

1 uur gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

1 uur gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

1 uur gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

1 uur gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

1 uur gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...