Meesters hou Suid-Afrika goed besig
Hokkie
Die Namibiese mans meestershokkiespan het onlangs teruggekeer van ’n kompeterende vertoning teen Suid-Afrika in Johannesburg.
Die eerste wedstryd was teen die Suid-Afrikaanse manspan van 50 jaar en ouer. Die Suid-Afrikaanse span het ná ’n hewige stryd as wenners met 2-1 uit die stryd getree, met Reagon Graig die verloorspan se doelskieter.
Die volgende dag is die Namibiërs teen die SA span van 55-plus opgeweeg en was ietwat teleurgesteld met die gelykopuitslag van 1-1 nadat hulle verskeie doelkanse binne die sirkel laat glip het. Net een skoot deur Eugene Marais kon egter die kol tref.
Die laaste wedstryd was ’n herontmoeting met die SA span van 55-plus. Namibië het van die begin af aangeval en het twee vinnige doele behaal. Die Namibiërs het met veel meer geduld en bedaardheid gespeel, wat hulle gehelp het om die balbesit te oorheers en munt te slaan uit die kanse wat hulle in die opponente se gebied geskep het. Namibië het die wedstryd oortuigend met 6-1 gewen, danksy treffers deur Sedtric Makati (2), Luke Pennefather, Gys Cilliers, Reagon Graig en Coenie Wessels.
Die toerspan is deur die ervare Randy Slabbert afgerig, met Luke Pennefather as kaptein en Steve Pell as onderkaptein.
Die reeks is moontlik gemaak deur ’n betekenisvolle borgskap deur Castle Lite, wat ook aan boord is vir die Meesters Binnenshuise Somerliga wat tans aan die gang is en op Woensdagaande by DTS gespeel word.
Ander gewaardeerde borgskappe is van Sanlam, Absolute Logistics, XCO Group, Dynamic Mobile Solutions, Seapride, Andy’s Pub & Grill, Medscheme, Andrew Muller en Werner Margull ontvang.
Te danke aan die sukses van hierdie inwydende toer, is die Namibiese meestersmans genooi om gedurende Februarie volgende jaar nog ’n reeks teen Suid-Afrika in Kaapstad te gaan speel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie