Meeste wil teen Covid inent
Vrae oor entstowwe se veiligheid en kommer oor newe-effekte is van die grootste redes hoekom inwoners hulle nie teen die siekte laat inent nie.
Henriette Lamprecht – Die meerderheid huishoudings wat aan 'n opname oor die impak van Covid-19 deelgeneem het, is gewillig om 'n entstof teen die siekte te neem.
Meer as 60% het gesê hulle is bereid om ingeënt te word sou 'n goedgekeurde entstof teen die siekte gratis beskikbaar wees. Dié gewilligheid is egter aansienlik hoër in stedelike gebiede (68,7%) as op die platteland (53,7%). In landelike gebiede was die “nee” vir die entstof 17,5% en in stede was 27,4% onwillig om hulle te laat inent. Die grootste redes hiervoor is wantroue oor die entstowwe, asook kommer oor newe-effekte en die veiligheid daarvan.
Dié inligting is vervat in die Namibiese Statistiekagentskap (NSA) se verslag oor die impak van Covid-19 op huishoudings. Die opname is uitgevoer tussen 14 Maart verlede jaar en 13 April vanjaar, presies 'n jaar ná die eerste gevalle van die siekte in Namibië aangemeld en openbaar gemaak is. Ten tyde van die opname het die meerderheid huishoudings te kenne gegee dat hulle nog nie vir Covid-19 getoets is nie.
In stedelike gebiede het 22,9% van huishoudings gesê 'n persoon in die huis is getoets vir die siekte, teenoor die 13,4% in landelike gebiede.
Met verwysing na die noodtoestand wat met die uitbreking van die pandemie in die land afgekondig is, sê die verslag alle skole, vroeë kinderontwikkelingsentrums en tersiêre instellings is gesluit om die verspreiding van Covid-19 te verminder. Instellings moes noodgedwonge afsien van aangesig-tot-aangesig en eerder op aanlyn onderrig fokus.
Sowat 99% van huishoudings wat deel van die opname was, het kinders tussen ses en 18 jaar oud. Hiervan het 54,3% voor die afkondiging van die noodtoestand in middel Maart verlede jaar skoolgaande kinders gehad. Byna 90% van huishoudings het kinders gehad wat by 'n tipe skoolaktiwiteit betrokke was.
Meer kinders (72,1%) op die platteland kon die opdragte van onderwysers voltooi as dié in stede (59,6%).
In landelike gebiede het 12,1% van die kinders na opvoedkundige programme op die radio geluister, terwyl 'n beraamde 14% van kinders in stedelike mobiele onderrigtoeps en 11,3% opvoedkundige televisieprogramme as 'n vorm van onderrig gebruik het.
Met verwysing na kinders se kontak met onderwysers, was 84,2% van huishoudings tydens die noodtoestand in kontak met hul kinders se onderwysers. In landelike gebiede het 33% hul selfoon en 27% SME'e gebruik om kontak te hou.
In die stede was kontak meestal deur middel van WhatsApp (29,8%), telefoon (27,6%) en SMS (25,5%).
Persoonlike higiëne is uitgesonder as een doeltreffende manier om die verspreiding van Covid-19 hok te slaan, met die regering wat tydens die noodtoestand opdrag aan munisipaliteite gegee het om te verseker almal – ingesluit dié met uitstaande waterrekeninge – het steeds toegang tot water. Dié reëling is egter saam met die noodtoestand opgehef.
Volgens die opname het die meeste huishoudings (85,4%) altyd voldoende drinkwater gehad, terwyl 13,8% minstens een keer toegang daartoe gehad het.
Die meerderheid (95%) in beide stedelike en landelike gebiede het toegang tot voldoende water gehad om hul hande te was, teenoor die 5% wat dit nie gehad het nie.
In stedelike en landelike gebiede was die rede vir laasgenoemde grootliks weens watervoorsiening wat verminder is. Sowat 13% het gesê hulle het nie toegang tot kommunale hulpbronne gehad nie, terwyl veral in stedelike gebiede huishoudings gesê het hulle kon nie water bekostig nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie