Meeste Covid-sterftes in Omaheke
Meeste Covid-sterftes in Omaheke

Meeste Covid-sterftes in Omaheke

Die gebruik van ivermektien en tuisrate is uitgesonder as moontlike redes vir die hoë sterftekoers in die Omahakestreek.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het ’n span mediese en infeksiebeheerkenners gestuur om te probeer bepaal waarom die koers van Covid- 19-sterftes in die Omahekestreek so hoog bly. Die sterftekoers is 6% van die land s’n.
Volgens die span word dit grootliks toegeskryf aan die grootskaalse gebruik van ongemagtigde medikasie en veral ivermektien, die gebruik van nie-geregistreerde toetsstelle, sowel as die gebruik van tuisrate vir selfbehandeling.
Minister Kalumbi Shangula van gesondheid en maatskaplike dienste het tydens die aankondiging van die nuwe Covid-19-regulasies gesê pasiënte in dié streek is ook geneig om laat by die hospitaal vir gepaste ondersteunende behandeling op te daag, wat lei tot ’n swak prognose en tuissterftes. Die ministerie is tans besig om ’n strategie te ontwikkel om juis hierdie struikelblokke hok te slaan.
Volgens Shangula het toelatings tot hospitale oraloor die land die afgelope twee weke aansienlik afgeneem.
Dit geld ook vir toelatings in intensiewesorgeenhede (ICU’s). Met verwysing na die besetting van beddens het 10 uit die 14 streke ’n afname getoon van tussen 11% en 60%.
Die aanvraag na hoësorg in Khomas, Erongo en Omaheke duur egter voort en is tans op tussen 61% en 100%. Die besetting van beddens in ICU bly hoog in Oshana en Khomas.
Volgens Shangula was daar die afgelope twee weke ’n afname van 52% in positiewe gevalle. ’n Gemiddeld van 234 gevalle per dag is tussen 1 tot 12 Augustus aangeteken, terwyl dit vir die tydperk 20 tot 31 Julie 487 per dag was.
Die koers van positiewe uitslae het met 38% afgeneem – van 24% in die tydperk 20 tot 31 Julie tot 15% vir die tydperk 1 tot 12 Augustus. Tydens die piek van die pandemie (en van die derde golf ) was dit 44%.


NUWE COVID-REGULASIES

Die nuwe Covid-regulasies geld vir 31 dae tot middernag 14 September.

• Openbare byeenkomste: 100 persone per geleentheid.

• Aandklokreël bly van 22:00 tot 04:00.

• Alle skole en onderriginstellings is oop met alle leerlinge teenwoordig.

• Alkohol mag op ’n wegneembasis Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 18:00 gekoop word, behalwe vir dié gasvryheidsinstellings wat inwonende gaste het. Die verkoop van alkohol word steeds op Saterdae en Sondae verbied, buiten by gastehuise, restaurante en soortgelyke instellings met inwonende gaste. Restaurante mag alkohol op die perseel tot 22:00 tydens maaltye verkoop.

• Gimnasiums, nagklubs, casino’s en dobbelhuise mag open, maar mag nie die helfte van hul kapasiteit of 100 persone op ’n slag op die perseel oorskry nie.

• Alle kontaksport mag hervat, maar sonder toeskouers.

• Beperkinge op openbare vervoer met die helfte van kapasiteit bly in plek. Toergroepe mag egter met volle kapasiteit toeriste vervoer.

• Covid-19-begrafnisse moet binne tien dae ná die sterfte afgehandel word. Honderd roubeklaers mag dit bywoon.

• ’n Persoon wat Namibië binnekom, moet ’n negatiewe PCR-toetsuitslag van nie ouer as 72 uur nie (vanaf die datum waarop die weefselmonster geneem is) kan toon, of is andersins onderhewig aan verpligte kwarantyn vir sewe dae op eie koste.

• Persone wat Namibië met ’n negatiewe blits- of PCR-uitslag verlaat en binne sewe dae binnekom vanaf die datum wat die weefselmonster geneem is, is nie onderhewig aan PCR-toetse nie. Dié reël geld ook vir vragmotorbestuurders.

• Buitelanders mag die land binnekom met óf ’n negatiewe PCR-uitslag óf ’n sertifikaat dat hulle nie meer hoef te isoleer nie, sonder enige verdere toetse of kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2024-05-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 15° | 33° Rundu: 15° | 32° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 16° | 31° Windhoek: 14° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:02, High tide: 06:03, Low Tide: 00:33, High tide: 18:39 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:00, High tide: 06:01, Low Tide: 00:31, High tide: 18:37 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:00, High tide: 06:00, Low Tide: 00:31, High tide: 18:36 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 17° | 30° Lüderitz: 12° | 28° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 10° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 27° Lubumbashi: 15° | 29° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 12° | 25° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 14° | 27° Cape Town: 13° | 22° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%