Meer toerusting vir Swakop-gimnaste
Gimnastiek
By die Swakopmund Gimnastiekklub word letterlik van vreugde rondgebons. Me. Valereis Geldenhuys, jarelange administrateur en kampvegter vir Namibiese gimnastiek, het onlangs ’n splinternuwe dubbele mini-trampolien met landingsmatte aan die Dongina Risser Gimnastiekstigting (DRGF) geskenk.
Dié toerusting is reeds by die Swakopmund Gimnastiekklub (SGC) geïnstalleer. Alle lede van die klub en die DRGF het hul waardering teenoor die gewese nasionale gimnastiekpresident me. Geldenhuys uitgespreek – nie net vir die wonderlike nuwe toerusting nie, maar vir haar voortdurende ondersteuning en werk om die sport in Namibië te bevorder.
Aanvullend tot die dubbele mini-trampolien het die klub ook ’n nuwe mat vir tuimelgimnastiek van Namibië Gimnastiek (NamGym) gehuur.
Beide hierdie stukke toerusting sal vir gebruik tydens komende nasionale en internasionale kompetisies ingespan word.
By SGC word artistiese gimnastiek beoefen. Afrigting in alle dissiplines word vir seuns en meisies aangebied – vanaf beginner- tot die gevorderde vlakke.
Danksy die aankoms van die trampolien- en tuimeltoerusting bied SGC nou ook klasse hierin aan.
Belangstellendes is welkom om die klub te skakel of by The Dome op Swakopmund te besoek.
FOTO
Me. Valereis Geldenhuys (middel voor) tydens die oorhandiging van haar skenking aan Swakopmund Gimnastiekklub. regs is me. Dongina Risser van die DRGF. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie