Meer kliënte goed vir FNB se syfers
Elvira Wood
Die FirstRand-bankgroep, met FNB, WesBank en Rand Merchant Bank (RMB) in sy stal, se genormaliseerde verdienste het met 7% tot R12,46 miljard gestyg in die ses maande tot einde Desember.
Sy basiese wesensverdienste per aandeel het in dié tyd met 6% tot R2,24 gestyg vergeleke met die ooreenstemmende ses maande die vorige boekjaar, het die groep Dinsdag op die JSE se nuusdiens, Sens, bekend gemaak.
Hy het ook ’n tussentydse dividend van R1,30 per aandeel verklaar.
FNB
FNB sê ’n toename in die getal transaksies en meer kliënte wat rekeninge geopen het, was die redes vir sy goeie prestasie.
Sy genormaliseerde verdienste het met 12% tot R7,1 miljard gestyg en sy inkomste uit versekering het met 7% gestyg.
Dit is te danke aan ’n 11%-styging in inkomste uit begrafnispolisse en ’n 9%-styging in inkomste uit lewensversekering.
Hoewel die waarde van die huislenings wat FNB toegestaan het, met 12% tot R23,8 miljard gestyg teenoor die vergelykende tydperk, het voorskotte op kredietkaarte met 1%, persoonlike lenings met 12% en ander kleinhandellenings met 8% afgeneem.
Die swak skuld wat FNB moet afskryf, het egter ook met 9% toegeneem.
Hy sê in die tydperk onder oorsig het die aantal gebruikers van sy bank-app met 66% toegeneem.
RMB
RMB se genormaliseerde verdienste het met 11% tot R3,1 miljard gestyg.
FirstRand sê dié bank het dit veral reggekry om koste onder beheer te hou, wat tot sy wins voor belasting van R4,5 miljard bygedra het. Dit is ’n 11%-styging teenoor die ooreenstemmende tydperk.
WesBank
Dié bank, wat hoofsaaklik finansiering vir nuwe motors verskaf, sê kliënte het meer as wat verwag is agterstallig begin raak met betalings.
Sy genormaliseerde verdienste het met 1% tot R1,9 miljard gedaal in die ses maande.
Motorlenings het met 15% tot R1,15 miljard gedaal.
Persoonlike lenings het egter met 18% tot R731 miljoen gestyg. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie