Meer Chinese toeriste reis na Namibië
Danksy samewerking tussen China en Namibië, asook meer toeganklike vlugroetes, stroom al meer Chinese toeriste na Namibië.
Mnr. Digu //Noabeb, die Namibië Toerismeraad (NTB) se uitvoerende hoof, het gesê daar is tans sowat nege Chinese toergidsoperateurs in Namibië.
Volgens hom is dit van groot hulp wat taal betref.
Die NTB meen die styging in Asiatiese toeriste spruit uit Namibië se pogings om hul toerismemark van die tradisionele Europese mark na ander streke in die wêreld uit te brei.
“Ek kan bevestig aankomste uit Asië in Namibië, spesifiek vanuit China, het aansienlik verhoog, en dit bewys ons uitbreiding van die toerismemark werk,” het //Noabeb gesê.
Hy het gesê baie Chinese sakelui stel belang in beleggings in Namibiese infrastruktuur.
"Jy sal opmerk daar is nou baie meer Chinese sakelui wat hotelle en lodges in Namibië besit, en dit is 'n positiewe teken. Ons het nou 'n Marigold Hotel hier in Windhoek en nog een op Swakopmund. Dit is 'n goeie teken van groei," het //Noabeb gesê. – Nampa/Xinhua

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie