Meer as N$6 miljoen se dagga in lorrie gevind
Meer as N$6 miljoen se dagga in lorrie gevind

Meer as N$6 miljoen se dagga in lorrie gevind

Francoise Steynberg
'n Lorriebestuurder (24) en sy 34-jarige medebestuurder is Saterdag omstreeks 09:00 op die B3-hoofweg naby Grunau in hegtenis geneem.

Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is die vragmotor deur die polisie gestop, deursoek en dagga van sowat 644 kg ter waarde van meer as N$6,4 miljoen is gevind.

"Na bewering was die dagga in die vragmotor en sleepwa weggesteek," lui die verslag.

Die polisieondersoek duur voort

Kommentaar

Republikein 2025-07-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer