Meer as N$287 miljoen vir Covid-bekamping
Altesaam 43 skenkings van goedere ter waarde van meer as N$174 miljoen is deur die Namibiese regering ontvang.
Kristien Kruger
Die Namibiese regering het glo kontantskenkings ter waarde van miljoene Namibiese dollar ontvang, asook oorplasings deur die regering, vir die bekamping van die Covid-19-pandemie.
Volgens ’n mediaverklaring wat deur die kantoor van die eerste minister uitgereik is, het die regering vanaf Maart tot Augustus vanjaar sowat N$50,3 miljoen kontantskenkings ontvang om die impak van Covid-19 hok te slaan.
Die regering het ’n bykomende N$83,5 miljoen bewillig.
Volgens die inligting van die eerste minister se kantoor beloop die totale waarde van die kontantskenkings ongeveer N$113,5 miljoen.
Dit sluit 122 skenkings van individue, agt van kerke, nege van staatsondernemings en 49 vanuit die private sektor in.
Die private sektor het altesaam ongeveer N$45,4 miljoen bygedra en die regerende party N$1 miljoen.
UITGAWES
Die regering het glo sowat N$65,4 miljoen reeds vir voedselvoorsiening, die aankoop van mediese toerusting, vervoeruitgawes, akkommodasie- en logistieke uitgawes en die voorsiening van maskers aangewend.
Die oorblywende fondse sal slegs vir bykomende Covid-19-verwante uitgawes geoormerk word, lui die mediaverklaring.
NIEKONTANTSKENKINGS
Altesaam 43 niekontantskenkings van goedere ter waarde van meer as N$174 miljoen is glo vanaf Maart tot Augustus ingesamel.
Volgens die verklaring het die Verenigde State van Amerika op 24 April mediese toerusting ter waarde van N$100 miljoen geskenk.
Die Verenigde Nasies (VN) se Ontwikkelingsprogram (UNDP) het glo verskeie goedere met ’n gesamentlike waarde van ongeveer N$17 miljoen geskenk.
Die verklaring lui dat die De Beers-groep op 6 April N$15 miljoen en Debmarine Namibia sowat N$9 miljoen se mediese toerusting bewillig en die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB) op 11 Mei kos ter waarde van N$5 miljoen geskenk het.
AGTERGROND
Ná die uitbreking van Covid-19 en die aankondiging van die noodtoestand het die kantoor van die eerste minister ’n bankrekening geopen waarin kontantskenkings en oorplasings van die regering inbetaal kan word.
Die kantoor van die eerste minister het ook die regering se niekontantskenkings gereguleer en die regering se uitgawes verreken.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie