Meer as N$200 m. jaarliks vir ARVu2019s
Meer as N$200 m. jaarliks vir ARVu2019s

Meer as N$200 m. jaarliks vir ARV’s

Danksy vooruitgang het MIV/vigs “net nog ’n bestuurbare chroniese toestand” geword.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Sowat 8,3% van die Namibiese bevolking is MIV-positief, met meer as 93% van volwassenes en 81% van kinders wat kwalifiseer om antiretrovirale behandeling te ontvang.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het tydens die Namibiese herdenking van Wêreldvigsdag op Outjo erken die land het die afgelope twee jaar as gevolg van die Covid-19-pandemie “ongekende uitdagings” tot sy gesondheidstelsels ervaar.

Hy het verwys na sekere maatreëls vir openbare gesondheid wat die beheer van die verspreiding van Covid-19 insluit en wat ’n negatiewe impak op die ekonomie, onderwys en gesondheid gehad het.

“Om Covid te takel moes ons innoverend en vlug op ons voete wees om te verseker die gesondheidstelsel word nie oorweldig nie,” het hy gesê.

Shangula was vol lof vir gesondheidswerkers wat seker gemaak het die vooruitgang wat die afgelope paar jaar teen MIV/vigs gemaak is, word nie ongedaan gemaak nie.

Volgens hom is vooruitgang plaaslik moontlik gemaak deur die beperkte reeks ARV-produkte vir kinders met MIV aan te vul met die pediatriese Dolutegravir-gebaseerde formule wat tans die doeltreffendste ARV-medikasie in die wêreld is.

Die ministerie het ook ’n platform gevestig vir ondersteuning, behandeling en sorg vir tieners wat MIV-positief is. Landswye voorkomingsdienste sluit in kondome, toetsing, vrywillige besnyding en PreExposure Prophylaxis (PreEP) om onder meer nuwe gevalle te voorkom.

Volgens Shangula verseker die ministerie ook MIV-positiewe inwoners kry voorkeur om teen Covid-19 ingeënt te word en is 4 923 van dié mense tot op hede as deel van hul konsultasies by ARV-klinieke teen die siekte ingeënt.

Hy het gesê die plaaslike insameling van data en die gebruik daarvan vir die beplanning en identifisering van ingrypings in die lewens van MIV-positiewe inwoners was suksesvol en het baie Namibiërs gehelp om hul lewens ná suksesvolle behandeling en sorg te herbou.

Danksy vooruitgang in wetenskap wat doeltreffende terapieë tot gevolg gehad het, meer mense wat by hul behandelingsplanne hou en die vermindering van stigma en diskriminasie, sê Shangula, het MIV “net nog ’n bestuurbare chroniese toestand” geword.

Volgens hom bestee die regering jaarliks meer as N$200 miljoen aan die aankoop van antiretrovirale middels (ARV’s).

Shangula sê Namibië is ook een van die min lande in die wêreld wat die 90-90-90 globale doelwitte behaal het om die pandemie te beheer. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!