Meer as N$2 miljoen se stukkende verkeersligte
Ongelukke waarin verkeersligte in die slag gebly het, ruk belastingbetalers se sak.
Die hoofstad se munisipaliteit het in 2018 meer as N$2 miljoen bestee om stukkende verkeersligte te herstel nadat dit in padongelukke beskadig is.
Mnr. Harold Akwenye, bestuurder van korporatiewe kommunikasie en bemarking by die munisipaliteit, sê geld wat vir ander projekte geoormerk was, moes vir die herstel hiervan aangewend word, aangesien die skuldiges nie opgespoor kon word om daarvoor te betaal nie.
“Herstelkoste is hoog en inligting oor wie die persoon is wat die skade veroorsaak het, is nie altyd beskikbaar nie,” het hy gesê.
Die gemiddelde koste van ‘n verkeerslig is N$8 000, maar dit kan tot soveel as N$17 300 beloop. Die totale installering kan so hoog as N$400 000 wees. “Hierdie koste sal in die toekoms self hoër wees,” het Akwenye gesê.
Die drie kruisings waar die meeste ongelukke plaasvind, is die een by Onafhanklikheidslaan en die westelike verbypad naby die Katutura-staatshospitaal, die een by Mandume Ndemufayo-rylaan en David Meroroweg, en waar Onafhanklikheidslaan met Hans Dietrich-Genscherstraat kruis.
Akwenye het daarop gewys hoewel die munisipaliteit ‘n operasionele begroting het, is dit vir roetine onderhoudswerk en opgraderings aan verkeersligte bestem, asook om ou tegnologie met die nuutste op die mark te vervang.
Die uitgawes waarvoor in die operasionele begroting voorsiening gemaak word, is vir die vervanging, herstel en opgradering weens die normale veroudering van verkeersligte, sê hy.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie