Meer as halfmiljoen in drie dae gebuit
Roof, huisbraak en diefstal is ’n geruime tyd aan die toeneem in Namibië.
Sedert Donderdag is items ter waarde van N$625 740 in vyf voorvalle gesteel. Na bewering is twee van die slagoffers vasgebind, twee is met ’n wapen aangehou en een is aangerand.
’n Onbekende aantal verdagtes het Donderdag om 23:00 in die Oshilemba-nedersetting op Okahao na bewering by ’n huis ingebreek. Hulle het glo die 70-jarige huiseienaar met ’n tou vasgebind en hom met ’n pyp oor sy liggaam geslaan terwyl hulle geld geëis het. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het hulle met sy bakkie ter waarde van N$245 000 op die vlug geslaan. Die bakkie is later verlate in die Othingo-nedersetting naby Oshakati gevind. Niemand is in hegtenis geneem nie.
’n Veewagter is Vrydag om 11:00 glo deur drie verdagtes met ’n mes aangehou en vasgebind. Die voorval het naby Gross Barmen plaasgevind. Die verdagtes het na bewering sy beursie en 20 skape gesteel. Die slagoffer kon homself bevry en het die voorval by die veediefstaleenheid op Okahandja aangemeld. Die polisie het twee van die verdagtes agter Beefcor in die veld in hegtenis geneem. Die derde verdagte het gevlug. Al 20 skape was reeds vrek en sommige is afgeslag. Die waarde van die skape word op N$56 000 beraam.
Twee onbekende mans het Vrydag om 23:30 na bewering ’n 40-jarige man in Florence Nightingalestraat – kort nadat hy sy voertuig by die Gammama-diensstasie parkeer het – aangeval. Hulle het glo sy voertuigsleutels en selfoon gesteel en met sy bakkie op die vlug geslaan. Die beraamde koste van die gesteelde items is N$322 000. Niemand is in hegtenis geneem nie en die bakkie is nie teruggevind nie.
’n Onbekende verdagte het glo ’n 28-jarige student met ’n wapen aangehou en hom van sy sak, dokumente, beursie en selfoon ter waarde van N$1 540 geroof. Die voorval het Vrydag om 09:35 in Okarundustraat in Wanaheda plaasgevind. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
’n Onbekende man het Saterdag om 22:18 na bewering ’n 23-jarige man in die Goreangab- informele nedersetting met ’n wapen aangehou. Hy het glo sy beursie met N$1 000 se kontant en dokumente gesteel. Die totale waarde is N$1 200. Die verdagte het glo ook probeer om die slagoffer se ma te beroof. Sy het egter die wapen gegryp en die verdagte het weggehardloop sonder sy wapen. Die wapen is by die polisie ingehandig. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie