Meer as 900 in Khomas sonder skuiling
Byna ‘n duisend in Khomas sonder tuiste
Henriette Lamprecht - Sowat 900 mense in die Khomasstreek leef sonder enige permanente struktuur of skuiling. Volgens me. Manny Kandji van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) is tydelike huisvesting tydens die inperking nou in Windhoek in tente by die Khomasdal-stadion vir die meeste van die mense geskep. ‘n Groep word ook in die Katutura-jeugsentrum gehuisves.
Kandji was tydens die daaglikse inligtingsessie oor die impak van Covid-19 aan die woord. Sy het tydens ‘n bespreking oor die sosio-sielkundige impak van die pandemie op Namibiërs gemaan die aantal behoeftige inwoners groei daagliks.
Buiten nog tente en matrasse word ook ondersteuning in daaglikse etes benodig.
Me. Elizabeth Viall van die eenheid vir geslagsgeweld het op haar beurt gesê vier kinders is sedert die inperking uit hul ouerhuise verwyder. Drie van die kinders is by familie en vriende uitgeplaas, terwyl een kind wat aan wanvoeding lei in die hospitaal opgeneem is. Verskeie kriminele klagte het ook uit aktiewe, ernstige sake en hoërisiko-gevalle gespruit waar ‘n persoon uit die omstandighede verwyder moes word. Viall sê kinders word in plekke van veiligheid of by familie en vriende geplaas. Die meeste oproepe kom uit informele nedersettings waar verskeie mense ‘n kamer moet deel. Die noodnommers waar geweld en mishandeling aangemeld kan word, is 106 en 116.
Volgend die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Esther Muinjange is geen nuwe Covid-19-gevalle aangeteken nie en is die aantal bevestigde gevalle steeds 16. Muinjange sê 61 mense is huis toe gestuur nadat hulle die kwarantyntydperk van 14 dae sonder enige simptome voltooi het. Dit sluit 49 wat by Heja Lodge en 12 by ‘n gastehuis in Windhoek gehuisves is, in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie