Meer as 88 000 veevrektes in een jaar
’n Nasionale verslag skets ’n droewige prentjie.
Duisende dooie beeste, skape en bokke, leë graansuiers en byna 300 000 honger mense is tot dusver die gevolg van Namibië se ergste droogte in menseheugenis.
Verlede jaar se nasionale graanoes is 61% kleiner as 2018 se 152 900 ton, en 52% kleiner as die gemiddelde 122 800 ton per jaar die afgelope 20 jaar.
Verder toon die Namibiese verslag oor die jaar se graanoeste, voedselsekuriteit en die droogtesituasie altesaam 289 644 mense ly honger en het dringend voedselhulp nodig, terwyl dié getal oor die volgende maande gaan styg.
Die regering se graansuiers, wat die land se strategiese voedselreserwes berg, is op drie plekke reeds dolleeg, terwyl die ander twee boomskraap is.
By Katima Mulilo, Rundu en Tsandi is sowat 711,9 ton witmielies in voorraad en by Okongo is meer as 967,3 ton mahangu in die graansuiers oor. Die byna 1 697,2 ton graan wat beskikbaar is, maak maar 7,33% van die totale bergingskapasiteit van 22 900 ton uit.
Dié verslag deur die Namibië Vroeëwaarskuwing- en voedselinligtingseenheid (NEWFIU) skets ’n droewige prentjie van landbou- en voedselsekuriteit.
Die meeste dele in die land het minder as 50% van die normale reënval gehad.
Vee se toestand is kritiek weens die gebrek aan weiding, en wanvoeding het reeds tot talle vrektes gelei.
Volgens aangemelde syfers het 49 235 beeste gevrek, terwyl 27 101 bokke en 10 845 skape gevrek het.
Altesaam 715 donkies en 323 perde is dood. Dié syfers is tussen Oktober 2018 en September 2019 gerapporteer.
Dit blyk die weidingsnood is die hoog in die Omahekestreek, asook die grootste deel van die Erongo-, Hardap-, ||Kharas-, Khomas-, Omusati-, Oshana-, Ohangwena-, Oshikoto-, Otjuzondjupa- en Kunenestreek.
Op kommersiële plase in die Khomas- en Otjozondjupastreek is vee se toestand effe beter, aangesien boere hul diere op groot skaal voer.
“Baie beeste, veral in die kommunale gebiede, is so ondervoed en swak dat hulle nie meer kan opstaan nie en die boere moet hul vee ophelp,” lui die verslag.
Die waternood vererger ook.
Volgens kommunale boere in die Erongo-, Omaheke- en ||Kharasstreek het baie boorgate reeds opgedroog, of lewer dit baie min water.
Die vier O-streke in die sentrale Noorde word die ergste deur die waternood geraak.
NamWater het in Junie begin om water van die Olushandja-/Etakadam na die Opononameer in die Ouuvudhiya-kiesafdeling te pomp ten einde vee aan die lewe te hou.
Dit het verligting vir boere in die Oshana- en Omusatistreek gebring, wat lang afstande met hul vee tot by drinkplekke moes aflê.
Die regering word in die verslag versoek om die abattoirs in die noordelike kommunale gebiede so vinnig as moontlik weer in werking te stel om die bemarkingsnood te help verlig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie