Meer as 30 000 leerlinge nie terug skool toe

Onderwys
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Meer as 30 000 leerlinge het verlede jaar ná die heropening van skole vir aangesig-tot-aangesig-onderrig nie weer na die skoolbanke teruggekeer nie.

“Hulle het deur die krake geval en kon nie opgespoor word nie. Ons het hulle verloor,” het die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, by Staatshuis gesê in reaksie op skole wat midde van die Covid-pandemie steeds op 26 Januarie heropen.

Volgens haar het die aantal skoolmeisies wat tydens die sluiting van die skole swanger geraak het, ook verdubbel. Van Maart tot September het 3 600 skoolmeisies swanger geraak. Volgens Nghipondoka wissel laasgenoemde getal in 'n hele skooljaar tussen 900 tot 1 200 meisies.

Met verwysing na verskeie onderrigmetodes wat verlede jaar gebruik is toe skole vir aangesig-tot-aangesig-onderrig gesluit was, het Nghipondoka gesê: “Ons het verskillende metodes gebruik, maar dit is as eksklusief bewys.

“Navorsing het gewys dit is meer nadelig om skole te sluit en dit is beter om die risiko's en die situasie te bestuur.”

Met verwysing na skole waar wel Covid-19-gevalle onder onderwysers en leerlinge was, sê Nghipondoka geen kind was ernstig siek of is gehospitaliseer nie.

“Ons het vyf skole waar sporadiese gevalle was, maar die kinders was asimptomaties. Natuurlik kan hulle steeds die virus oordra, daarom dat higiëne by die huis so belangrik is.”

Verlede jaar het pre-primêre tot graad 3-leerlinge 104 skooldae gemis; graad 4, 5 en 6-leerlinge 119 dae; graad 7 en 9-leerlinge 109 dae; graad 8-leerlinge 104 dae; graad 10-leerlinge 78 dae; graad 11 en 12-leerlinge 53 skooldae.

Intussen berig Mariselle Stofberg die ministerie se uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, het bevestig alle grade keer op 26 Januarie terug skool toe.

“Die uitstel van die skole se heropening word slegs as die laaste uitweg beskou. Onderrig en onderwys moet voortgaan en toeganklike, gelyke en gehalte onderrig vir elke Namibiese kind bly die ministerie se grootste prioriteit in 2021,” het Steenkamp tydens gister se virtuele vergadering met rolspelers gesê.

“Met die regte voorsorg, maatreëls en regulasies is dit moontlik om met aangesig-tot-aangesig onderrig voort te gaan terwyl ons steeds die veiligheid en gesondheid van onderwysers en leerlinge verseker,” sê sy.

Steenkamp sê verder geen bewyse dui aan skole en onderriginstellings is die primêre aandrywers van Covid-19 verspreiding nie.

“Onderwysers en personeel by skole is nie in groter gevaar as enige ander beroep om blootgestel te word aan Covid-19 nie. Ná die heropening van skole tussen Augustus en September verlede jaar is geen toename in infeksies aangemeld wat hieraan toegeskryf kan word nie.”

Die ministerie het ook N$56 miljoen aan die streke beskikbaar gestel vir skole om ontsmettingsmiddels, seep en ander voorsorgmaatreëls in plek te kry vir leerlinge wat terugkeer.

Die ministerie wil ook 'n basislyn-diagnostiese evaluering van elke leerling onderneem wanneer klasse hervat word, om die vaardigheidsvlak en standaard van elke leerling vas te stel. 'n Herstelraamwerk van vyf weke word ook voorgestel om die geletterdheidsvaardighede van leerlinge te versterk.

“Die ministerie wil ook steun aan leerlinge bied wat inklusief is vir alle leerlinge, sodat geen leerling agtergelaat sal word nie. Dit is spesifiek gemik op behoeftige leerlinge en leerlinge met gestremdhede of spesiale behoeftes,” sê Steenkamp verder. – [email protected]

– ­[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%