Meer as 2 400 reeds vir Covid-19 getoets
Meer as 2 400 reeds vir Covid-19 getoets

Meer as 2 400 reeds vir Covid-19 getoets

Henriette Lamprecht
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Esther Muinjangue sê 2 434 weefselmonsters is tot op hede by Pathcare en die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) vir Covid-19 getoets. Die afgelope 43 dae staan die aantal bevestigde gevalle in die land steeds op 16 waarvan 13 reeds ten volle herstel het. Volgens Muinjangue is 1 363 mense in kwarantyn in die land geplaas, waarvan 849 reeds huis toe gestuur is. Tans is 514 mense op verskeie plekke oraloor in die land in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2026-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer