Meer as 180 leerlinge toets positief
Uit die 273 nuwe gevalle wat gister deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste aangekondig is, was 182 leerlinge wat positief vir Covid-19 getoets het.
In die Omuthiya-distrik wat die hoogste getal van 104 aangemeld het, het 101 leerlinge van die Senior Sekondêre Skool Ekulu positief getoets. Die res van die leerlinge was van skole oraloor die land.
Die aktiewe gevalle staan op 1 568 waarvan 118 in die hospitaal en 12 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Khomas is 46 in die hospitaal en nege in ICU’s, in Erongo is 21 in die hospitaal en twee in ICU’s en in Oshana en Omusati is onderskeidelik agt elk in die hospitaal.
Nog ’n Covid-19-verwante sterfte, ’n 46-jarige man van Oshakati, het die getal sterftes tot 389 opgestoot sedert die pandemie in Maart verlede jaar in die land uitgebreek het.
Tot op hede is 284 625 weefselmonsters getoets, 4 288 kontakte word gemonitor en 1 360 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie