Meer as 17 000 mense in Erongo ingeënt
Volgens die direkteur van gesondheid het meer as 5 000 mense hul tweede dosis entstof ontvang, wat 'n dekking van 4% verteenwoordig.
Adolf Kaure – Die direkteur van gesondheid vir die Erongostreek, me. Anna Jonas, sê tot 9 Augustus het meer as 17 000 inwoners van die streek hul eerste dosis AstraZeneca of Sinopharm ontvang.
Sy was aan die woord tydens die oorhandiging van 'n skenking van N$70 000 van die Walvis Bay Salt Company wat vir die streek se inentingsprogram geoormerk is.
“Dit verteenwoordig 'n dekking van 14% van die bevolking in die Erongostreek. Ons is baie gelukkig dat die syfer besig is om te styg,” het sy gesê.
Volgens Jonas het meer as 5 000 mense hul tweede dosis van óf AstraZeneca óf Sinopharm ontvang, wat 'n dekking van 4% verteenwoordig.
“Ons het meer as 800 mense gehad wat op 9 Augustus die inspuiting in die streek ontvang het. Die volgende dag is meer as 1 400 mense ingespuit. Selfs in die kleiner distrikte soos Usakos en Omaruru is die syfers besig om op te tel, maar ons het steeds nodig dat meer mense vir inentings gaan.”
Die goewerneur van die streek, mnr. Neville Andre, het sy dank teenoor die Walvis Bay Salt Company uitgespreek.
“Wat julle geskenk het, beteken regtig baie. Ons sal dit goed gebruik om te sorg dat ons mense ingeënt word,” het hy gesê.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het mense wat 'n tweede dosis van die AstraZeneca-entstof moet ontvang, aangeraai om so gou as moontlik te gaan. Dit volg nadat die regering 75 000 dosisse entstof van die Nederlandse regering ontvang het.
André wil verseker 68% van die streek se inwoners (sowat 121 000 mense) moet ingeënt word.
Die daaglikse doelwit is 'n duisend mense per dag.
– [email protected]
FOTO
Die Walvis Bay Salt Company het 'n skenking oorhandig wat vir die inentingsveldtog gebruik gaan word. Foto Adolf Kaure

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie