Meer as 125 000 verlaat skool in 2017
’n Totaal van 44 245 leerlinge het in 2017 die skool verlaat, terwyl 125 394 hul skooljaar moes herhaal.
Die meeste van die leerlinge wat die skool verlaat het, was seuns in grade 5 tot 10, en graad 1.
Dié inligting is deur die direkteur van beplanning en ontwikkeling in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, mnr. Cavin Muchila, bekend gemaak.
Muchila was aan die woord tydens ’n werkwinkel wat op die vierde Volhoubare Ontwikkelingsdoelwit (SDG4) geffokus het.
Dié doelwit gaan oor die versekering van inklusiewe en haalbare gehalte-onderrig, en die bevordering van lewenslange onderriggeleenthede vir almal.
“Op laerskool is geslagsverskille relatief groot, maar soos jy na die hoër grade beweeg, is daar meer meisies as seuns. Die meeste van die leerlinge is in die Omaheke-, Otjozondjupa-, Hardap-, Kavango-Wes-, Kunene- en ||Kharasstreek,” sê Muchila.
Tans is daar 781 380 leerlinge in die Namibiese onderwysstelsel en het 568 494 leerlinge vanjaar aan laerskole ingeskryf.
Volgens Muchila is statistieke noodsaaklik vir beplannings-, moniterings- en bestuursdoeleindes, en verskaf dit akkurate inligting betyds genoeg vir die ministerie om sy mandaat uit te voer.
Hy sê ook die ontwikkeling van die Onderwysbestuurstelselbeleid (Emis) vir die ministerie, wat waardevolle data en statistieke sal oplewer, is in ’n gevorderde stadium en behoort teen Januarie aanstaande jaar voltooi te wees.
Om die gehalte van data in onderwys te verbeter, voer die ministerie tans twee sensusopnames jaarliks uit wat onder meer die gebrek aan gelykheid in die toekenning van hulpbronne takel.
“Die data wat ons insamel, ondersoek waarom leerlinge skool verlaat of grade herhaal. Ons kyk na die skoolomgewing, onderwysers, onderrigtaal en die betrokkendheid van die gemeenskap by onderwys.”
Met behulp van statistiek word besluitnemers gehelp om probleemgebiede te identifiseer, sê hy.
- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie