Meer as 100 klagtes van geslagsgeweld in Erongo teruggetrek
Meer as 100 klagtes van geslagsgeweld in Erongo teruggetrek

Meer as 100 klagtes van geslagsgeweld in Erongo teruggetrek

NAMPA
Die Namibiese Polisie in die Erongostreek sê 107 uit ’n totaal van 360 gevalle van geslagsgeweld (GBV) wat vanaf Januarie tot November vanjaar in die streek aangemeld is, is teruggetrek.

Volgens hoofspeurinspekteur Selma Shangula het die aantal gevalle van geweld teen vroue en kinders sedert 2017 gestyg.
“Oor die algemene vind hierdie misdade agter toe deure plaas. Dit behoort nie as ’n geheim beskou te word nie, omdat dit nie net die slagoffer nie, maar ook die gemeenskap raak. Geweld word in die geval gepleeg deur mense wat ons ken, wat ons vertrou en vir wie ons lief is,” het sy gesê.

Struikelblokke in die polisie se hantering van die gevalle sluit in die huiwering van mense om dit aan te meld en verklarings af te lê, inmenging weens kulturele en tradisionele geloofsoortuigings, die hoë aantal sake wat teruggetrek word en die huiwering van die publiek om vir berading te gaan.

Die styging van die aantal sjebiens en plekke wat alkohol verkoop, ’n toename in alkohol- en dwelmmisbruik onder jong kinders, die gebrek aan ouerlike verantwoordelikhede teenoor kinders en die gebrek aan politieke wil en leierskap plaas ook ’n demper op die polisie se uitvoering van hul pligte. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2026-06-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer