Meer as 100 Covid-19-gevalle in twee dae
Die totale aantal positiewe gevalle in Namibië het oor die naweek met 117 tot 785 gestyg.
Henriette Lamprecht – Walvisbaai het op Saterdag en Sondag 110 nuwe gevalle van Covid-19-aangeteken en Swakopmund drie oor dieselfde tydperk.
Die totale aantal gevalle vir die land het oor die naweek met 117 tot 785 gestyg.
Van gister se 72 nuwe gevalle was 71 Namibiërs en een 'n Suid-Afrikaanse burger. Altesaam 68 is van Walvisbaai, een van Swakopmund, een van Engela in die Ohangwenastreek, een van Keetmanshoop in die ||Kharasstreek en een van Oshakati in die Oshanastreek.
Die geval in Keetmanshoop is ‘n Suid-Afrikaanse vroulike vragmotorbestuurder wat die land op 8 Julie vanaf Kaapstad by die Noordoewer-grenspos binnegekom het. Sy is deur die Grünau-Keetmanshoop-padblokkade op pad na Oranjemund om vrag te gaan aflaai. Volgens Shangula het sy op 10 Julie uit Oranjemund teruggekeer en is op dieselfde dag by dieselfde padblokkade getoets. Sy het Namibië op 11 Julie deur die Noordoewer-grenspos verlaat.
Die geval op Oshakati het op 22 Junie uit Walvisbaai gereis en is op die dorp onder kwarantyn geplaas. ‘n Weefselmonster is op 3 Julie geneem wat positief getoets het.
Die geval op Engela is in Junie deur ‘n kennis uit Walvisbaai besoek wat weer op 17 Junie na die hawedorp teruggekeer het. Met sy terugkeer het hy Covid-19-verwante simptome ontwikkel en later positief getoets. Die vrou het haarself op 1 Julie laat toets en is aangesê om in selfkwarantyn te gaan totdat sy haar uitslae ontvang.
Volgens Shangula bestaan Sondag se gevalle uit 41 mans en 31 vroue. Die jongste geval is een jaar oud en die oudste 58. Geval 17 wat op Keetmanshoop aangeteken is, het volgens die minister intussen herstel. Dit bring die totaal op 26 mense wat van Covid-19 herstel het.
Namibië het tans 785 Covid-19-gevalle en 13 999 weefselmonsters is tot op hede getoets. Tans is 759 mense in kwarantyn in geriewe oraloor die land.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie