Meer as 100 burgerlikes sterf in lugaanval
Hawelose Nigeriërs is weens 'n “operasionale fout” deur die land se lugmag gebombardeer.
Meer as 100 mense het gesterf en 200 is beseer in 'n lugaanval wat die Nigeriese lugmag per ongeluk op 'n vlugtelingkamp, in plaas van die groep Boko Haram uitgevoer het, sê Dokters Sonder Grense (MSF).
'n Regeringsamptenaar en dokters het die getalle bevestig.
Genl. Lucky Irabor, streekbevelvoerder van die weermag, sê die aanval het in Kala Balge, 'n distrik in die noorde van Nigerië, plaasgevind, maar het gesê net “'n paar” burgerlikes het gesterf.
Onder die beseerdes is humanitêre werkers van MSF en die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis (IKRK).
'n IKRK-woordvoerder sê ses lede van die Nigeriese Rooi Kruis het gesterf en nog 13 is beseer.
Die presidensie het in 'n verklaring gesê die lugaanval was 'n “bejammerenswaardige operasionele fout” wat voorgekom het in die “finale fase om rebelle in die noordooste van die land uit te roei”.
Muhammadu Buhari, president van Nigerië, het sy “hartseer en spyt oor die bedryfsfout” uitgespreek.
Dit is glo die eerste keer dat die weermag in Nigerië erken dat hy so fout begaan het, hoewel inwoners van die streek in die verlede beweer het dat burgerlikes gereeld in daaglikse bomaanvalle wat ekstremiste teiken, sterf. Die Nigeriese weermag is die afgelope paar weke besig met 'n veldtog teen Boko Haram.
Die gebied waar die aanval plaasgevind het, is 'n vesting van Boko Haram. In die djihadistiese groep se sewe jaar lange veldtog om 'n Islamitiese kalifaat te vestig is meer as 15 000 mense reeds dood. Nog twee miljoen moes al uit hul huise vlug en baie van hulle het in kampe gaan woon omdat dit te gevaarlik is om terug te keer huis toe.
Boko Haram het sy aanvalle die afgelope paar weke verskerp en verantwoordelikheid aanvaar vir twee selfmoordbomaanvalle Maandag op 'n universiteit waarin twee mense dood en 17 beseer is.
- Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie