Mediese skemas: Wie gaan betaal vir virus?
Omdat die wet en regulasies in ie buurland riglyne gee oor wat die minimum voordele moet wees, mag mediese skemas kies om meer dekking te gee.
Nellie Brand-Jonker – Of jy of jou mediese skema gaan opdok as jy die coronavirus opgedoen het, sal afhang van hoe ernstig siek jy is, volgens die Raad op Mediese Skemas (RMS).
Die RMS het Donderdag in ’n verklaring gesê wanneer komplikasies weens die virus intree, kan dit aanleiding gee tot ’n toestand wat as ’n voorgeskrewe minimum voordeel (VMV) gedefinieer is en wat alle mediese fondse verplig is om te dek. (Lees hiernaas wat ’n VMV is en waarop jy ag moet slaan wanneer dit behandel word.)
“Soos die virus vorder, kan dit verskillende komplikasies tot gevolg hê, soos longontsteking en respiratoriese versaking, wat dan as ’n VMV gedek sal word,” het dr. Sipho Kabane, registrateur van die RMS, verduidelik.
Dit is dus die spesifieke simptome wat die virus veroorsaak wat ’n VMV is en nie die virus self nie.
Kabane het gesê in gevalle van “ongekompliseerde infeksie, waar geen VMV-toestande aanwesig is nie, kan die mediese skema volgens sy reëls alle koste vir gesondheidsorg finansier”.
Die reëls van ’n skema bepaal hoe jy vir behandeling of medisyne betaal.
“Ons moedig mediese skemas aan om in belang van die openbare gesondheid omvattende dekking vir alle bevestigde gevalle te gee,” het hy gesê.
Omdat die wet en regulasies riglyne gee oor wat die minimum voordele moet wees, mag mediese skemas kies om meer dekking te gee.
Netwerk24 het navrae aan mediese skemas gerig om uit te vind hoe hulle kies om dit te dek en daar sal apart daaroor berig word.
Longontsteking
Wanneer dit ’n VMV-toestand is, is alle mediese skemas ingevolge wetgewing verplig om die koste van die diagnose, behandeling en versorging daarvan – ongeag die tipe plan of opsie – ten volle te dek.
“Hulle mag nie VMV-toestande uit die mediese spaarrekening van ’n lid finansier nie, want dit strook nie met die PMB-regulasies nie,” het Kabane gesê.
Die RMS het ook ’n nuusbrief uitgereik om meer detail oor die virus aan lede te verskaf. (Lees dit hier.)
Dit verskaf onder meer inligting oor die komplikasies wat die virus tot gevolg kan hê en wat as VMV’s gehanteer sal word.
“Die meeste van die komplikasies is by die VMV’s ingesluit en moet soos gespesifiseer vir die spesifieke toestand behandel word.
“Een van die algemeenste komplikasies van ’n infeksie wat deur covid-19 veroorsaak word, is longontsteking wat ’n VMV is.”
Hoër risiko
Kabane het gesê hoërisiko-individue soos swanger vroue, mense met diabetes, asook asma-, kanker-, MIV-lyers en ander immuun-onderdrukkende toestande word aangemoedig om met hul roetine-medikasie en toetse voort te gaan.
Die gesondheid van mense bo 50 en kinders onder tien jaar oud moet ook dopgehou word.
Wat is ’n mediese fonds verplig om te dek?
Voorgeskrewe minimum voordele (VMV’s) word deur die wet op mediese skemas gedefinieer. Dit is die minimum diagnose, behandeling en sorg wat ’n mediese skema moet dek vir:
· Enige lewensbedreigende noodgeval
· 270 spesifieke toestande
· 25 chroniese toestande
Ander dinge wat belangrik is om te weet oor VMV's:
· 'n Mediese skema mag dokters, spesialiste, apteke en hospitale kontrakteer om die dienste teen ’n sekere prys te verskaf. As jy nie van die aangewese diensverskaffers gebruik maak nie, gaan jy nie heeltemal vir ’n toestand gedek word nie, al is dit ’n VMV. Behandeling van ’n nie-gekontrakteerde dokter sal jou dus ’n bybetaling op die hals haal.
· Die toestande wat gelys word se behandeling word voorgeskryf. Daar is ook mediese behandeling beskikbaar bo en behalwe dit wat voorgeskryf is vir ’n VMV-toestand maar ’n skema kan kies om nie daarvoor te betaal nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie