Mediese beraad fokus op medisyne
Mediese beraad fokus op medisyne

Mediese beraad fokus op medisyne

Die Namibiese Mediese Vereniging (NMS) se jaarlikse konferensie skop môre by die Universiteit van Namibië (Unam) se Jose Eduardo dos Santos-kampus op Ongwediva af.

Die kongres duur tot Saterdag en vind vanjaar onder die vaandel “Die verlede, hede en toekoms van medisyne in Namibië” plaas.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, sal die amptelike opening waarneem.

Van die onderwerpe wat verskeie sprekers in die drie dae sal bespreek, sluit in die huidige status van verpleegopleiding in Namibië (me. Ottilie Kutenda), asook die huidige en toekomstige behandeling van MIV (dr. Tadesse Mekonen), tuberkulose (dr. Guner Gunther) en malaria (dr. Ngalyuka P.Kioko).

‘n Paneelbespreking oor etiese dilemmas in die mediese praktyk sal ook gehou word.

Nóg interessante onderwerpe onder bespreking is dwelmverslawing in Namibië deur dr. Lahja Hamunjela, die gebruik van dagga as aanvullende medisyne, en waar Namibië met betrekking tot die behandeling van onvrugbaarheid staan.

Vir meer besonderhede, kontak die NMS se hoofkantoor by (061) 212-413 of stuur ‘n e-pos aan [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-08-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer