Medies: Buitelandse studente sleep raad hof toe
Vrae word gevra oor wie die HPCNA se pre-internskapeksamenvraestel opgestel het.
Henriette Lamprecht – ’n Groep studente wat medies in die buiteland studeer het en nie ’n pre-internskapevaluering kon slaag om in Namibië te kan praktiseer nie, sê hulle is met verlede jaar se eksamen wat tyd betref benadeel.
Vier buitelandse studente het onder meer die Raad van Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) voor die hof gedaag omdat die vraestel 300 meervoudige keuse-vrae bevat het (teenoor die vorige vraestel se 100), en die vraestel uit ses in plaas van vier afdelngs bestaan het.
Wat inhoud en struktuur betref is die vrasetelle glo soortgelyk aan dié wat finalejaarstudente aan die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool skryf.
Drie dokters wat onafhanklik deur die buitelandse studente en die mediese en tandheelkundige raad aangestel is om die vraestelle te evalueer, was dit eens dat die buitelandse studente veel minder tyd as die Unam-studente gehad het om die vraestelle af te lê.
Die opdrag aan die drie dokters was om te bepaal of die meervoudige keuse-vrae in die vraestelle van 20 en 30 November soortgelyk (en in watter mate) was aan die vlak van ’n vraestel wat deur die Unam-studente afgelê is.
Die drie verslae wat deur dokters Rod Lichtman, Laimi Ashipala en Shonag Mackenzie opgestel is, sê die HPCNA-vraestelle en dié van Unam se inhoud en struktuur stem ooreen.
Die buitelandse studente is volgens die dokters wel benadeel omdat hulle meer as ’n uur minder tyd gehad het om die vraestelle te voltooi.
Mackenzie, die beswaarde studente se kenner op die onafhanklike paneel, het grootliks met haar eweknieë oor die inhoud en verskil in tydsduur van die vraestelle saamgestem.
Sy het ook verwys na gegewe antwoorde op sekere vrae in die HPCNA-vraestel wat verkeerd was.
“Dit is ernstige rede tot kommer omdat, indien die kandidate wel die korrekte antwoord gegee het, hulle nie punte daarvoor sou kry nie,” sê sy.
Mackenzie wou ook weet wat die HPCNA se proses is wanneer vraestelle saamgestel en op die regte antwoorde ooreengekom word. Volgens haar verskyn die name van alle eksaminators by Unam op die betrokke vraestel. Die vraestelle word ook aanvanklik deur Unam-spesialiste geskryf en dan verskeie maande vooruit aan eksterne moderators gestuur.
“Die vraestelle vir die November-eksamen word reeds in Augustus na die toegekende eksterne moderators in elke spesialiteit gestuur,” sê Mackenzie.
Beide die name van die Unam- en eksterne moderators verskyn op die vraestelle, maar ontbreek op die HPCNA-vraestelle.
“Unam het ook nie die antwoorde op hul vraestelle verskaf nie, hoewel dit in besit van die universiteit is,” sê sy.
Lichtman sê die twee vraestelle se inhoud en moeilikheidsgraad stem ooreen.
Hy beskou baie van die vrae as “te moeilik en onvanpas” vir ’n finalejaar- mediese student wat beplan om as algemene praktisyn in Namibië te praktiseer.
Volgens hom wil dit ook voorkom of die meerderheid vrae “spoeg en plak”-vrae is wat van die internet af kom en nie mediese praktyk en kliniese situasies in Namibië verteenwoordig nie. Lichtman is as kenner vir die respondente ingeroep, wat die mediese en tandheelkundige raad en Unam insluit.
Ashipala as neutrale kenner beaam dat die buitelandse studente met tyd benadeel is.
Volgens haar is die inhoud van beide die vraestelle algemene mediese kennis en nie noodwendig algemene gevalle wat gegradueerdes in die praktyk sal teëkom nie.
Ook kom die meeste van die vrae glo van die Amerikaanse mediese lisensiëringseksamen (USMLE) se webtuiste, wat ’n dokter se vermoë evalueer om kennis, begrippe en beginsels toe te pas en om basiese pasiëntgerigte vaardighede te toon.
Laasgenoemde dra volgens Ashipala by tot die basis van veilige en doeltreffende pasiëntesorg in ’n Amerikaanse konteks en “nie noodwendig in die Namibiese konteks met beperkte hulpbronne nie”.
Sy sê die meeste van die vrae in beide eksamens is nie op die vlak van ’n gegradueerde nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie