Medici, skoolpersoneel met mag vir oorlog gewerf
Medici, skoolpersoneel met mag vir oorlog gewerf

Medici, skoolpersoneel met mag vir oorlog gewerf

Daar is geen einde in sig van die konflik wat in Suid-Soedan heers nie.
NAMPA
Personeel wat in Suid-Soedan se gesondheidsentrums en skole werk, was gedwonge rekrute van gewapende magte, wat daartoe gelei het dat die instansies gesluit is, sê die Verenigde Nasies, terwyl gesukkel word om hulp in een van die wêreld se gevaarlikste oorloggebiede te verleen.

Meer as 250 hulpwerkers is vanjaar reeds weens gevegte verplaas, byna dubbel die getal in die ooreenstemmende tyd in 2016, sê die VN.

Die land se burgeroorlog het laat in 2013 uitgebreek en byna 'n kwart van die bevolking haweloos gelaat wat tot hongersnood gelei het.

Die Verenigde Nasies se kantoor vir die koördinering van humanitêre aangeleenthede (OCHA) sê minstens 14 gemeenskapsvrywilligers en gesondheidswerkers is sedert 6 Junie met mag deur gewapende groepe in die Guit-gebied in die noorde van die land gewerf.

“Die gesondheidsgeriewe in Nimni ('n gebied in Guit), asook minstens twee skole in die omgewing is gedwing om hul deure te sluit omdat hulle sonder personeel is om dienste te lewer,” het OCHA laat Maandag gesê.

Die gebiede is naby aan Suid-Soedan se olieryke noordelike grens met Soedan en na aan die dorp Bentiu geleë.

Suid-Soedan het in oorlog verval nadat pres. Salva Kiir sy adjunk, Riek Machar, afgedank het, en 'n konflik aangevuur het wat gewapende magte op etniese grense verdeel het.

Die VN het gewaarsku oor moontlike volksmoord en nagenoeg 3,5 miljoen mense, onder wie 2 miljoen kinders, het uit hul huise gevlug.

Onderhandelinge vir die vrylating van die werkers duur voort, sê die NV.

'n Toename in die diefstal van humanitêre voorrade het ook toegeneem en staan sedert die begin van die jaar op 19 voorvalle.

– Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-11-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer