Media gaan vry bly, sê Geingob
Die staatshoof het benadruk die regering gaan nie by die media inmeng nie.
Denver Kisting
Pres. Hage Geingob het Maandag by Staatshuis die versekering gegee die media gaan vry bly.
Dit was sy onderneming selfs voor hy staatshoof geword het dat die vryheid van die media en die vrye vloei van inligting gewaarborg sal wees, sê hy. “Dit is baie belangrik vir demokrasie.”
Volgens Geingob is dit 'n basiese reg waarvoor daar tydens die stryd om onafhanklikheid geveg is.
“Ten minste waar moontlik, sou ons daardie regte wil beskerm.”
Die president het terselfdertyd gesê die waarborg staan hoewel die media nie altyd professioneel optree en goed nagevorsde berigte lewer nie. In sommige gevalle word gerugte selfs as die waarheid aangebied,
sê Geingob.
“Die waarheid sal altyd uitkom. Ons sê ons raak nie aan die media nie,” het hy gesê.
Mnr. Engel Nawatiseb, adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, het gesê die wetsontwerp op toegang tot inligting is in die pylvak.
Volgens hom is die voorgenome wet tans by die wetskrywers.
Hy het voorts gesê die uitnodiging aan die media bly om hulleself te reguleer “sodat ons as die regering nie gedwing word om te reguleer nie”.
Dié opmerkings is tydens 'n besoek deur die Afrikakommissie vir Menseregte se spesiale gesant op vryheid van uitdrukking en toegang tot inligting, komm. Lawrence Mute, gemaak.
Mute het Namibië as die land met die vryste media in Afrika geloof.
“Maar daar is altyd meer wat gedoen kan word.”
Hy het hom beroep op die spoedige inwerkingstelling van die voorgenome wet op toegang tot inligting.
Mute het gevra Namibië se regering moet nie die voorbeeld van sommige van sy eweknieë volg en sosialemediaplatforms voor die verkiesing later vanjaar sluit nie.
Volgens hom is die rasionaal dat dit help om die verspreiding van fopnuus teen te werk teenproduktief.
“Ons moenie 'n hamer gebruik om 'n muskiet dood te maak nie.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie