Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

Eerste Namibiër wat slagoffer van virussiekte is

27 May 2020 | Gesondheid
Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, sê in 'n verklaring mnr. Abiud Vambetja Uazeua (56) “was welbekend en medelye met die familie stroom van dwarsoor die wêreld in”.

Me. Linda Scott, Namibië se hoë ­kommissaris in Londen, het namens die Namibiese regering met die familie gesimpatiseer.

Uazeua se vrou, Consey, verpleeg in Engeland.

'n Familievriend het gisteroggend uit Engeland gesê die familie is Maandag ingelig sy oorskot sal nie na Namibië ­gerepatrieer kan word om in sy geboorte­land volgens Otjiherero-­tradisies begrawe te word nie.

Die vriend, wat nie sy naam genoem wil hê nie, sê me. Uazeua is die suster van hoofman Sam Kambazembi van die Kambazembi tradisionele owerheid.

Volgens hom sou die familie gister oor die begrafnisreëlings besluit het.

Uazeua, wat volgens die familievriend taxidienste verrig het, is sover bekend die eerste Namibiër wat weens ­Covid-19 sterf.

Republikein is bewus van ander Namibiërs wat in die Verenigde Koninkryk en die VSA positief vir die virus getoets het, maar intussen gesond geword het. Hulle wil nie geïdentifiseer word nie.

Volgens die verklaring deur Nandi-Ndaitwah was wyle Uazeua se vrou en kinders by hom toe hy gesterf het. Hy is die pa van agt kinders.

Meer inligting is nie bekend gemaak oor die omstandighede waaronder hy dood is nie.– [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: Verkiesings ‘kompleks, intens’

43 minute gelede | Politiek

Denver Kisting en Kristien Kruger – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê om die plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings later...

Eina, jou doring

43 minute gelede | In beeld

Kristien Kruger het die foto van die geelvink wat op ’n doringdraad hardloop in haar tuin in Klein Windhoek geneem.

‘Kommerwekkende styging’ in Windhoek-gevalle

43 minute gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal Covid-19-gevalle in Windhoek is besig om vinnig te styg, ‘n situasie wat deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste,...

Sluit van howe in openbare belang- Dausab

43 minute gelede | Howe

Denver Kisting – Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê hoewel hofdienste, wat ’n integrale deel van geregtigheid vorm, beperk sal wees vanweë beskikbaarheid...

Weer vir 12 Augustus 2020

43 minute gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal in die Suide voorkom. BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees....

Uitlewerings op ys weens virus

43 minute gelede | Misdaad

“Daar is individue van belang, wat vermoedelik in ons buurlande is; sommige is opgespoor en (ons) wag op die afhandeling van die vereiste administratiewe prosesse.”...

Eros se aanloopbaan opgeknap

43 minute gelede | Vervoer

Ronelle RademeyerOfskoon daar nie geld is vir omvattende rehabilitasie van die aanloopbaan by die ­Eros-lughawe in Windhoek, gaan tussentydse herstelwerk oor die volgende drie maande...

Trane loop nog steeds oor Frieda Ndatipo

43 minute gelede | Mense

Jana-Mari SmithSes jaar nadat die ­ongewapende protesteerder me. Frieda Ndatipo gedurende 'n geveg tussen die Swapo-strydkinders en die Namibiese polisie voor Swapo se hoofkantoor doodgeskiet...

Lesersfoto's 12 Augustus 2020

43 minute gelede | Lesersfoto's

Gelukkige varkie: “Dit is soos dit hoort,” sê Björn Basler. Familie: AK van Donkerhoek het die foto van die wilde perde by Aus geneem. Mooi:...