Mededinging: Nam vorder teen slakkepas
Mededinging: Nam vorder teen slakkepas

Mededinging: Nam vorder teen slakkepas

Harambee-teiken in gedrang
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy - Teen die pas waarteen Namibië sy mededingingheid verbeter, gaan dit die land ’n kwarteeu – en nie vier jaar soos beplan nie – neem om die mees mededingende ekonomie in Afrika te word.
Met dié som het Graham Hopwood, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), Namibië se vertoning op die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se Global Competitiveness Index (GCI) vir 2016-’17 in perspektief geplaas. Dié indeks, wat gister vrygestel is, het ’n algehele punt van 4,02 uit ’n moontlike 7 aan Namibië toegeken. Verlede jaar was die land se punt 3,99.

Namibië word nou as die 84ste mees mededingende ekonomie uit 138 lande wêreldwyd beskou. Verlede jaar het Namibië die 85ste plek uit 140 lande beklee. In Afrika suid van die Sahara is Namibië die vyfde beste land om sake in te doen.

Die topvier ekonomieë in die streek het só gevaar: Mauritius (4,49 punte), Suid-Afrika (4,47), Rwanda (4,41) en Botswana (4,29). Op die GCI lê Mauritius 45ste, Suid-Afrika 47ste, Rwanda 52ste en Botswana 64ste in die wêreld.

In die Vierde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP4) was die teiken dat Namibië teen 2017 die mees mededingende ekonomie in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeen­skap (SADC) moes wees. Dit is in April vanjaar met die Harambee-welvaartplan (HPP) vervang. Hiervolgens moet Namibië teen 2020 die mees mededingende ekonomie op die vasteland wees.

Hopwood sê Namibië kon sedert 2012-’13 nog net agt plekke op die GCI klim – van 92ste tot 84ste. “Teen dié pas gaan dit Namibië 25 jaar neem om die topland in Afrika – Mauritius in die 45ste posisie – verby te steek. As Namibië se vorderingskoers nie verbeter nie, gaan die land sy Harambee-teiken eers teen 2041, en nie 2020 nie, bereik,” sê Hopwood.

Groot spronge boontoe is nie onmoontlik nie. Hopwood gebruik Rwanda as voorbeeld.

Dié land het vanjaar ses plekke op die GCI gestyg en is nou die derde mees mededingende ekonomie in Afrika. Botswana, tans in die vierde plek, het dit ook in die verlede bewys, sê hy.

Om Namibië die mededingingsleer te laat klim, gaan daadwerklike pogings verg, sê Hopwood.

Toegang tot finansiering is vanjaar uitgesonder as die grootste struikelblok om sake in Namibië te doen. Sowat 17,7% van respondente wat aan die WEF se uitvoerende meningsopname deelgeneem het, sê dié kwessie is die vernaamste probleem. Ongeveer 14,8% meen die onkundige arbeidsmag is die grootste kopseer, terwyl 10,3% die regering se rompslomp as ’n reusebelemmering ervaar.

Sowat 10,2% beskou die swak werksetiek van Namibië se arbeidsmag as ’n doring in die vlees en 7,2% het korrupsie as hul grootste probleem geïdentifiseer.

Kommentaar

Republikein 2024-02-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

H.E. Dr Nangolo Mbumba, President of the Republic of Namibia says they will continue to pursue the second struggle of Namibia Zambian President, Hakainde Hichilema said one road will be named after the late president in Lusaka and the other road will be named after the founding president of Namibia The late President Hage Geingob’s casket was stationed at the Eternal Flame before he was taken to his final resting place The casket will of the late president was lowered with a 21 gun salute Accoutrements will be handed over to the former first lady of Monica Geingos An official luncheon by invitation is scheduled to take place at 14:00 at the State House The foreign dignataries are currently paying their last tribute to the former first lady, Monica Geingos Heroes Acre will be closed to the public, the National Council will announce once it is reopenedSix Nations: France 13 vs 13 Italy | Scotland 30 vs 21 England | Ireland 31 vs 7 Wales Premier League: Wolverhampton Wanderers 1 vs 0 Sheffield United | Arsenal 4 vs 1 Newcastle | Bournemouth 0 vs 1 Manchester City | Brighton 1 vs 1 Everton | Crystal Palace 3 vs 0 Burnley | Aston Villa 4 vs 2 Forest | Manchester United 1 vs 2 Fulham | Chelsea 0 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Real Madrid 1 vs 0 Sevilla | Las Palmas 1 vs 1 Osasuna | Real Betis 3 vs 1 Athletic Club | Cadiz 2 vs 2 Celta Vigo | Almería 2 vs 2 Atletico Madrid | Deportivo Alaves 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 4 vs 0 Getafe | Granada 0 vs 0 Valencia | Real Sociedad 1 vs 3 Villarreal SerieA: AC Milan 1 vs 1 Atalanta | Lecce 0 vs 4 Internazionale | Cagliari 1 vs 1 Napoli | Juventus 3 vs 2 Frosinone | Genoa 2 vs 0 Udinese | Salernitana 0 vs 2 Monza | Sassuolo 2 vs 3 Empoli | Bologna 2 vs 0 Hellas Verona European Championships Qualifying: Watford 1 vs 2 Huddersfield Town | Ipswich Town 3 vs 1 Birmingham City | Sunderland 1 vs 2 Swansea City | Blackburn Rovers 1 vs 1 Norwich City | Southampton 1 vs 2 Millwall FC | Cardiff City 2 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 2 vs 1 Rotherham United | Sheffield Wednesday 2 vs 1 Bristol City | Middlesbrough 0 vs 2 Plymouth Argyle | Hull City 1 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 3 vs 1 Leicester City | Coventry City 0 vs 3 Preston North End English Championship: Watford 1 vs 2 Huddersfield Town | Ipswich Town 3 vs 1 Birmingham City | Sunderland 1 vs 2 Swansea City | Blackburn Rovers 1 vs 1 Norwich City | Southampton 1 vs 2 Millwall FC | Cardiff City 2 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 2 vs 1 Rotherham United | Sheffield Wednesday 2 vs 1 Bristol City | Middlesbrough 0 vs 2 Plymouth Argyle | Hull City 1 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 3 vs 1 Leicester City | Coventry City 0 vs 3 Preston North End Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 23° | 38° Oshakati: 25° | 37° Ruacana: 21° | 38° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 36° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:35, High tide: 04:40, Low Tide: 22:38, High tide: 16:51 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:33, High tide: 04:38, Low Tide: 22:36, High tide: 16:49 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:33, High tide: 04:37, Low Tide: 22:36, High tide: 16:48 Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 24° | 37° Keetmanshoop: 23° | 37° Aranos: 24° | 38° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 15° | 29° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 28° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 14° | 19° Maseru: 10° | 28° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 30° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 17° | 22° Dar es Salaam: 27° | 33° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 31° #REF! #REF!