Medalje, nie tye nie, dryf Akani
Atletiek
Wim Pretorius
'n Medalje en nie tye nie is tans Akani Simbine se belangrikste fokuspunt.
Só het Werner Prinsloo, sy afrigter, gesê nadat die Suid-Afrikaanse naelloper Saterdag op 'n Noord-Gautengse ligabyeenkoms by Tuks die 100 m in 9.93 sekondes afgeblits het, voordat hy enkele ure later die 200 in 19.95 kafgedraf het.
Sodoende het hy die eerste Suid-Afrikaner geword wat op dieselfde dag onder 10 sekondes in die 100 en vinniger as 20 sekondes in die 200 kon hardloop.
“Ek is vol vertroue dat Akani oor die vermoë beskik om goed onder 9.90 sekondes in die 100 te hardloop, maar gaan nie obsessief wees oor spesifieke tye nie,” het Prinsloo gesê. “Dis die medalje wat ons soek.”
Prinsloo verwys hier na die Wêreldbyeenkoms wat in Augustus in Londen beslis word.
“Dit kan wees dat Akani 'n 9.80 of 'n 9.95 moet hardloop om 'n medalje te kan wen. Jy weet nooit hoe die 100 gaan uitdraai nie. Al versekering wat ek kan gee, is dat Akani goed voorberei sal wees.”
Geen Suid-Afrikaner kon al 'n medalje verower in die 100-wedloop op 'n Wêreldbyeenkoms nie.
Wayde van Niekerk (goud in die 400 op die Wêreldbyeenkoms in 2015 en Olimpiese goud in 2016) en Anaso Jobodwana (brons in die 200 op die Wêreldbyeenkoms in 2015) het egter gewys dat SA naellopers nie meer vir oorsese teenstanders terugstaan nie.
Volgens Simbine het hy en Prinsloo doelwitte gestel wat hom dryf om elke wedloop in die 100 onder 10 sekondes te hardloop.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie