Meatco sluit fabriek vir uitvoermark
Rooivleis en houtskool is twee produkte wat Namibië weens die pandemie nie kan uitvoer nie.
Ronelle Rademeyer – Meatco het sy fabriek gesluit en slag eers op 20 April weer vir die uitvoermark.
Aangesien binnelandse bemarking nie geraak word nie en plaaslike abattoirs voortgaan om te slag, word ’n tekort aan rooivleis op Namibiese winkelrakke nie verwag nie.
Só sê mnr. André Mouton, Meatco se uitvoerende bestuurder vir lewendehaweverskaffing.
Hy sê aangesien 300 mense in die fabriek werk en die risiko vir oordrag van die coronavirus hoog is, is besluit om die fabriek te sluit.
“Ons kan nie sê dit is absoluut noodsaaklik om vir die uitvoermark te slag nie.”
Volgens Mouton gaan Meatco sy betalingsterme in stand hou en steeds 30 dae ná ’n slagbeurt betaal – al skuif die slagbeurt drie weke aan.
“Ons probeer die twee wêrelde by mekaar uitbring, naamlik om die risiko vir fabriekwerkers te verlaag, en boere tegemoet te kom.”
Die Namibië Landbou-unie (NLU) het verlede week met die nuwe minister van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, vergader.
Hoewel landbou ’n noodsaaklike diens is, is sekere bedrywe in die sektor uitgesluit. Dit sluit die houtskoolbedryf uit waarop baie boere gesteun het om tydens die droogte te oorleef.
“’n Lys van 19 spesifieke dienste binne die boerderywaardeketting is deur minister Schlettwein aan die regering voorgelê om as noodsaaklike dienste aanvaar te word, waaronder veilings, abattoirs, die vervaardiging van veevoer ensovoorts. Die minister het houtskool ongelukkig nie as ’n noodsaaklike diens aanvaar nie, wat beteken boere kan voortgaan om houtskool op die plase te produseer, maar hulle sal dit nie kan vervoer na fabrieke of na Suid-Afrika of elders kan uitvoer nie,” sê die NLU in ’n spesiale Covid-19-nuusbrief aan sy lede.
Gesinne word nie toegelaat om saam tussen die plaas en dorp te reis nie.
Naweekboere wat in Windhoek woon, moes kies of hulle die inperkingstyd op die plaas of in die stad gaan deurbring.
Net een persoon per voertuig word toegelaat om tussen die plaas en dorp te reis, en slegs met baie goeie rede wat by die padblokkades verskaf moet word, het die NLU gemaan.
Die minister het gesê indien beeste byvoorbeeld binne die grense van die plaas geskuif moet word, dit nie aanvaar sal word dat die naweekboer daarvoor rondry nie, aangesien hy dit telefonies kan reël.
Verder word boere daarop gewys veilings is slegs om diere te verkoop en geen sosialisering sal toegelaat word nie. Veilingshuise het maatreëls vir veilige optrede by veilingskrale in oorleg met die direktoraat veeartsenydienste uitgereik.
Feedmaster sal met voerproduksie en die noodsaaklike logistieke diens voortgaan, terwyl Namibia Dairies se aanleg ook in produksie bly en produsente sal voortgaan om melk te lewer.
Die NLU se kantoor bly oop, maar die Vleisraad en Swakara se pelssentrum is gesluit. Laasgenoemde se personeel is steeds beskikbaar om noodsaaklike dienste te lewer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie